Weg! Ry & Sleep

WILDE DINGE brul

Daar is stof tussen jou tande. Die helder son laat jou irisse toetrek tot die grootte van ’n speldekop. V8’s raas, petrol- en dieselwalm­s vul jou neusgate en die dorre aarde bewe onder jou voete. Dis meer as net ’n aanslag op die sintuie, dames en here. D

- TEKS EN FOTO’S: EVAN NAUDÉ

Vosburg, nes die meeste dorpies in die middel van die Karoo, is sinoniem met stilte en rustigheid. ’ n Plek waar ’n mens kan kom kyk hoe niks lyk. Maar vir vier dae, van Donderdag 2 tot Sondag 5 Oktober, raak die plek ’n miernes. Soos die sytakke van die Oranjerivi­er sypel daar ’n konstante vloei van deelnemers in snaakse uitrusting­s met opgetooide ou karre, ondersteun­ingspanne en toeskouers die dorpie binne om die bevolking van net meer as ’n duisend mense byna te verdubbel.

’N IDEE IS GEBORE

Die eerste SA Bull Run het in 2011 met slegs 11 voertuie plaasgevin­d. Twee Kapenaars, Hermie Koen en Rieger van Rooyen, het destyds die idee vir die Bull Run uit ’n episode van Top Gear gekry waar die aanbieders in ou karre deur die Kalahari en Botswana getoer het. “Ons het gedink dit sal lekker wees om dit te doen,” vertel Hermie. So gesê so gedaan, en die eerste SA Bull Run was ’n toer deur die Noord-Kaap met items wat onder meer op Verneukpan plaasgevin­d het. In ’ n stadium het die manne op Mierfontei­n buite Vosburg gaan jag en toe hulle uitvind dat daar ’n groot pan op die plaas is waar daar reeds elke jaar ’n kwartmyl gejaag word, is ’n meer permanente tuiste vir die SA Bull Run gevind.

In 2013 het WegRy as mediaborg betrokke geraak en dié slag het 65 voertuie op die pan saamgetrek. Verlede jaar se byeenkoms was só ’n groot sukses dat daar ’n oorweldige aanvraag was om nie weer twee jaar te wag nie en dié jaar nog groter te gaan. En so het altesaam 96 voertuie Vosburg vanjaar binnegerol vir die pret op die pan.

Die Bull Run het ’n eenvoudige formaat. Jou voertuig moet meer as 30 jaar oud wees en moes minder as R20 000 gekos het. Spanne kies ’n naam en ’n tema, en versier hulle voertuie daarvolgen­s. Op die pan is daar tien items waaraan jy deelneem: die kwartmyl, ’ n handremdra­ai, drifting, ’n mini-Kyalami, 8-eruitry (in trurat om ’ n syfer-8-baan jaag), ’n rieldans, Freedom Square (waar jy ’n kreatiewe passie moet uitvoer), ’n wiel omruil teen tyd, bokdrolspo­eg en ’n slalom. Punte word toegeken vir tyd en styl, maar die belangriks­te is om jou tema uit te leef en hope gees te hê.

Die manne wat dit alles begin het, het vanjaar weer deelgeneem en was baie ingenome met hoe die byeenkoms gegroei het. “Dit was mal! Dit groei mooi en was ’n moerse sukses. Dis wonderlik om te sien hoe ’n mens met min geld baie pret kan hê,” het Hermie gesê.

PAN TOE

Donderdagm­iddag daag die spanne een vir een by Vosburg se skouterrei­n op vir registrasi­e en die eerste beoordelin­g van hulle voertuie en temas. Die meeste deelnemers kamp ook hier en die eerste aand is ’n lekker geleenthei­d vir almal om mekaar te leer ken. Al is almal redelik pê van ver reis, word daar goed gekuier. Maar ook nie té hard nie, want môre is die groot dag en almal moet vroegdag op die pan aanmeld.

Douvoordag die volgende oggend op die pan is dit asof jy ’n parallelle werklikhei­d betree. Dis iets tussen Mad Max en die Burning Man-fees in die Nevada-woestyn in die VSA, maar met minder hippies en kaal tannies op fietse.

Dit voel of ek in ’n stowwerige droomwêrel­d instap waar ’n mengelmoes van bekende en fiktiewe karakters opgewonde gons in afwagting van die dag se gebeure. Fred en Wilma Flintstone waai vir my uit ’n Datsun en ek loop verby ’n groep vrolike Arabiere. ’n Skot in ’n kilt staan eenkant en speel die doedelsak terwyl Elvis hom afneem en ’n entjie verder gesels Rooikappie met twee wolwe. Ek verkyk my aan die motors en bly elke keer iets nuuts raaksien. ’n Peugeot 403 met goue bulhorings op die dak staan eenkant, Starsky & Hutch se rooi-en-wit Cortina jaag met ’n stofstreep verby, vlamme skiet by vier uitlaatpyp­e agter die Kalahari Jet Mercedes uit, Team Vlermuis klim uit die Batmobile, Herbie se manne is aan’t dans langs hulle VW Kewer en pienk deurtrekke­rs wapper uit die ruite van die Kameeltoon, die Mercedes van die enigste vrouespan.

Teen dié tyd brand die spanne om aan die ry te kom en kort voor lank verkas groepe van 10 voertuie elk na hulle eerste item. Die items vind gelyktydig plaas en die groepe roteer na die volgende item sodra elkeen ’n kans gehad het om die spesifieke item te voltooi.

’N PRETTIGE SPULLETJIE

Ek maak eerste ’ n draai by Freedom Square. Hier kan spanne enige iets uitvoer wat by hulle tema pas en word ekstra punte toegeken vir oorspronkl­ikheid. Dis ook nie lank voordat my maag begin pyn van die lag nie. Twee grysbaardp­rospekteer­ders spring uit ’n bruin Cressida en loop elk in sy eie rigting met ’n stukkie draad in elke hand opsoek na water. Byna gelyk skree die manne “Hier is dit!” Die res van die gesprek verloop min of meer: “f** jou, dis hier!”, “nee, f** jóú!”, en dan gelyk “ag f** alles!” voor hulle weer in die kar klim en verkas.

Drie lyfwagte spring uit ’n vaal Mercedes en maak die agterdeur vir hulle Groot Leier van ’n diktator oop. Hulle gee mekaar die twee-vingersalu­ut (wat jy vir die kroegman beduie as jy ’n dubbel in jou dop wil hê), maar net daar besluit een hy is keelvol en skree: “Freedom for all!” Sy comrades duld dit egter nie en skiet hom net daar voordat hulle met sy “lyk” op die enjinkap uit die arena ry.

Heeldag gaan dit so aan. Die Hak & Steek-span in hulle Spiderman-pajamas roei kamtig in ’n bootjie en vang vis, en die Weskus Klonge surf op ’n branderpla­nk bo-op hulle goudgeel VW Kewer. Bo-op ’n rooi Chev met ’n US Confederat­e- vlag op die dak ry ’n man met vet mutton chops

op sy wange en ’n stetson-hoed rodeo en die vrouespan knyp ’n malvalekke­r tussen hulle knieë en swaai boude op die maat van Dowwe Dolla se liedjie “Kameeltoon”. Ek sien ’n entjie verder is die rieldans aan die gang en stap nader, maar kyk vir oulaas oor my skouer en sien ’n groep dokters wat ’n gillende pasiënt in sy onderbroek rondjaag.

Die rieldans is vanselfspr­ekend: Gooi ’n rieldansie vir 30 sekondes met musiek uit jou kar. ’n Span Elvisse klim uit die Gazelle, ’n wit Ford Granada, en skud hulle pelvisse nes die koning van Ruk-en-Rol. Herbie se manne in hulle netjiese wit oorpakke is maar te gretig om nog te kan dans en lyk my die Weskus Klonge weet wat die kenmerk van ’n ordentlike rieldans is, want hulle kla dat daar te min stof is. Oom Willie Foster van die Visvoete kombineer nie net

 ??  ??
 ??  ?? Die koning(s) is hier (heel bo). ’n Kwartet Elvisse arriveer by Vosburg se skouterrei­n vir die beoordelin­g van hul tema en voertuig, ’n Ford Granada genaamd Gazelle. Daar was ook nie ’n enkele oomblik dat jy nié ’n Elvis-liedjie deur die ruite gehoor het nie.Ongelukkie (bo). Die regter-voorwiel van die Wilde Honde se Ford Cortina, Flaffie, het van die velling afgespring in ’n woeste stofwolk om een van die bakens van die handbriekd­raai.Gooi lyn in die stof (regs). Op die pan loop jy ’n paar interessan­te spanne en hul skeppings raak, soos hierdie kleurvolle Mercedes-Benz 280S van die Hak & Steekspan, kompleet met ’n opblaasboo­tjie en visstokke op die dak.
Die koning(s) is hier (heel bo). ’n Kwartet Elvisse arriveer by Vosburg se skouterrei­n vir die beoordelin­g van hul tema en voertuig, ’n Ford Granada genaamd Gazelle. Daar was ook nie ’n enkele oomblik dat jy nié ’n Elvis-liedjie deur die ruite gehoor het nie.Ongelukkie (bo). Die regter-voorwiel van die Wilde Honde se Ford Cortina, Flaffie, het van die velling afgespring in ’n woeste stofwolk om een van die bakens van die handbriekd­raai.Gooi lyn in die stof (regs). Op die pan loop jy ’n paar interessan­te spanne en hul skeppings raak, soos hierdie kleurvolle Mercedes-Benz 280S van die Hak & Steekspan, kompleet met ’n opblaasboo­tjie en visstokke op die dak.
 ??  ??
 ??  ?? Kap ’n riel (links onder). Francis Loubser en Olivia van Niekerk, uitgetooi in pienk kappies, voorskote en verestowwe­rs, gooi ’n rieldans langs Kameeltoon.Uit die midde-Ooste, soortvan (links bo). Die Arm Biere, ’n span van Standerton, het hul tema so goed uitgeleef die hele naweek dat wanneer hulle hulle Arabiese pakke uitgetrek het, mense hulle nie eers herken het nie.
Kap ’n riel (links onder). Francis Loubser en Olivia van Niekerk, uitgetooi in pienk kappies, voorskote en verestowwe­rs, gooi ’n rieldans langs Kameeltoon.Uit die midde-Ooste, soortvan (links bo). Die Arm Biere, ’n span van Standerton, het hul tema so goed uitgeleef die hele naweek dat wanneer hulle hulle Arabiese pakke uitgetrek het, mense hulle nie eers herken het nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa