Weg! Ry & Sleep

6 BEHEERMAAT­REËLS

-

Vir die toetse is die volgende beheermaat­reëls ingestel:

• 'n Kontroleba­nd (Goodyear se Wrangler HP All Weather) is gebruik op 'n kontrolevo­ertuig ('n Toyota Hilux) met soortgelyk­e spesifikas­ie as ons toetsvoert­uig.

• 'n HP-bandspesif­ikasie (soortgelyk aan Highway-Terrain) is spesifiek gekies sodat geen AT-band 'n voordeel sou hê nie.

• Kontrolelo­pies is voor elke toets gedoen om 'n verwysings­punt te bepaal en tussen toetse herhaal om dit te bevestig.

• Vir die teertoets is elke stel bande voor die tyd warm gery en 'n oefenstop gedoen om die bandtemper­atuur te verhoog. Die banddruk is daarna weer nagegaan.

• Minstens drie lopies per toets per band is toegelaat. Indien 'n lopie nie verteenwoo­rdigend was nie (bv. as te vroeg of te laat gerem is, of die wegspring nie reg was nie) is tot twee ekstra lopies toegelaat.

• Die beste en swakste tye van al die lopies is uitgegooi, en die gemidddeld van drie lopies is aangeteken.

• Die baan vir die grondpad-remtoets is voor elke toets gevee en die verskillen­de bane is voortduren­d in stand gehou.

• Banddruk is voor elke toets op die kontrole-, sowel as die toetsvoert­uig, bevestig.

• Verteenwoo­rdigers van al die bande-verskaffer­s is genooi om die toetse mee te maak. Hulle kon ook appelleer as hulle ongerymdhe­de waarneem.

• 'n Tegniese komitee, bestaande uit ' n verteenwoo­rdiger van Klipbokkop en WegRy, asook drie bandeverva­ardigers, is daagliks gekies om enige probleem op te los. Die komitee se besluite was finaal.

• Verteenwoo­rdigers van die Suid-Afrikaanse Bandeverva­ardigersko­nferensie en die Bande-invoerders­vereniging van SA is as onafhankli­ke waarnemers genooi. >

 ??  ?? Vellingkon­ings. Brian Sadie en Richard Docking van Tiger Wheel & Tyre het al die bande met dieselfde masjien op vellings gepas.
Vellingkon­ings. Brian Sadie en Richard Docking van Tiger Wheel & Tyre het al die bande met dieselfde masjien op vellings gepas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa