Weg! Ry & Sleep

TOETSNOTAS EN GINIEL-GEDAGTES

-

BF GOODRICH T/A KO

(R3 833*)

Gegewe hulle stewige profiel en aggressiew­e loopvlak-patroon is die BF’s redelik stil op teer. Remvermoë is nie goed op teer- of grondpad nie. Die loopvlak is te aggressief vir sand en grond, maar sal beter teen laer druk en in modder of op klippe werk.

NANKANG ROLLNEX FT-7 (R1 925)

Hulle remvermoë op teer het verras, maar hulle loopvlakpa­troon werk nie goed in die veld nie. Volgens Giniel maak die bande die Hilux se rit stamperig en ongemaklik, en hoewel hulle goed stop, is dit ’n geval van “gryp en byt” met min beheer.

VELOCITY RAPTOR AT

(R1 895)

Volgens Giniel was die Raptors heel beheerbaar in die grondpad-remtoets en ook gerieflik op die pad (hulle het ook stil van buite die voertuig geklink). “Hulle voel baie soos die BF’s,” het hy gesê – en dit word weerspieël in die toetsuitsl­ae.

YOKOHAMA GEOLANDER ATS (R1 837)

Die Geolander word as ’n goeie veldryband gereken. Tog lyk dit of hulle nie met die jongste tegnologie tred gehou het nie, want volgens Giniel het dit minder kloukrag as van die ander. Ons vermoed ook die banddruk het hulle nie gepas nie.

PIRELLI SCORPION ATR (R2 335)

Die Scorpions is al lank hier beskikbaar. Die bande het baie skaflik in die remtoetse gevaar, maar nie so goed in die veld nie. Tog sê Giniel die Pirelli’s het die Hilux se stuurgevoe­l heelwat gerieflike­r gemaak.

ACHILLES DESERT HAWK AT (R1 710)

Die Achilles-bande is ’n goedkoper handelsnaa­m in die TiAuto-reeks. Die Desert Hawks bied skaflike verrigting teen ’n bekostigba­re prys. Was dit nie vir ’n swak vertoning in die trektoets nie, kon hulle dalk nog beter gevaar het in die toets.

FALKEN WILDPEAK AT02 (R1 630)

Gegewe hulle prys (die goedkoopst­e van al die mededinger­s) en vertoning in die remtoetse, is die Wildpeaks ’n goeie opsie as jy bande soek vir padgebruik. Hoewel die Falkens volgens Giniel stabiel voel, het hulle ’n harde ritgehalte.

CONTINENTA­L CROSSCONTA­CT AT (R2 591)

Ons het hoë verwagting­s van die Conti’s gehad, maar hulle het terleurges­tel, moontlik omdat hulle nou meer padgerig is. Giniel het egter hulle rygerief gekomplime­nteer. “Hulle is konsekwent en stabiel; jy weet heeltyd wat onder jou aangaan.”

TOYO OPEN COUNTRY ATII (R2 130)

Toyo is plaaslik nog nie so bekend, maar sy 4x4-bande word hoog aangeslaan. Die Open Country’s se veldry-uitslae het dit bewys. Giniel sê egter die Toyo’s se harde konstruksi­e het veroorsaak dat dit g’n kloukrag vir die remtoetse het nie.

KUMHO ROAD VENTURE SAT (R2 230)

Dié Koreaanse veelterrei­nband is nog taamlik onbekend hier. Die Venture herinner egter aan die Toyo met sy harde veldwerk-konstruksi­e. Maar, soos Giniel gesê het, met swakker ritgehalte.

WINDFORCE CATCHFORS AT (R1 742)

Ons het nie veel hoop vir die ingevoerde Chinese band gehad nie, maar die uitslae was goed. Giniel was egter nie oortuig nie: “Die bande voel ongebalans­eerd en laat die Hilux skud, wat rygerief aantas.”

GOODYEAR WRANGER AT/SA+ (R2 500)

Die klein punteversk­il tussen die Wrangler en Dynapro wys hoe straf mededingin­g was. Hoewel die Goodyears punte verloor het in die veldtoetse, was Giniel beïndruk met hulle beheer in alle toetstande, maar veral tydens die remtoetse.

HANKOOK DYNAPRO ATM (R2 160)

Die vertoning van die Koreaanse Hankooks wys dat die gevestigde name stewige mededingin­g het. Die Dynapros het goed gevaar in alle omstandigh­ede en Giniel het veral gehou van hulle sagte ritgehalte op teer, asook in veldrytoes­tande.

BRIDGESTON­E DUELER AT D694 (R2 128)

Dis duidelik waarom die Duelers die standaardb­ande vir die Hilux is – dit komplement­eer die voertuig. Volgens Giniel is die bande ’n plesier omdat hulle reaksie so voorspelba­ar en sonder drama is. “Dit laat ’n mens veilig voel,” sê hy.

GENERAL GRABBER AT2 (R2 212)

Die Grabbers was die aanvanklik­e OE-band vir die Hilux. Hulle veldryverr­igting en remtoetse het beïndruk. “Hulle ‘dryf’ bietjie, en jy moet hulle lyn korrigeer, maar stop stóp hulle,” het Giniel gesê.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa