Weg! Ry & Sleep

MAMMOET van ’n Merc

Toe ons hoor die meesterbou­ers van AluCab het ’n Mercedes Unimog onder hande, het ons gaan kyk hoe dié trok in ’n magtige maar luukse bostrok omskep is.

-

D ie manne van Alu-Cab het al ’n paar Mercedes Unimogs onder hande gehad, maar die jongste een was die mees gevorderde en ingewikkel­dste projek tot dusver. Operasione­le direkteur Warrick Lesley het vir

Evan Naudé meer vertel.

Hoe lank het die projek geneem om te voltooi?

Té lank. Veertien maande, maar daar was heelwat vertraging­s.

Wat is uniek aan hierdie spesifieke projek?

Die luik tussen die kajuit en die bak, en die motorfiets­hyser. Die luik was ’n eerste vir ons, en dit was ’n stryd. Ook om die lugversorg­ing sonder ’n kragopwekk­er te laat werk, daarom die ingewikkel­de elektronik­a.

Wat was die moeilikste ding om te bou?

Dis ’n taai keuse. Die luik tussen die kajuit en die bak, veral omdat dit aan sekere veiligheid­skriteria moes voldoen.

Ons hoor die elektronik­a is besonders. Wat is uniek daaraan en hoeveel het dit gekos?

Ons het al ’n paar stelsels soos dié gebou, met dieselfde digitale beheerstel­sel, want dit laat ons toe om vloeistofv­lakke akkuraat te bestuur en dit tussen tenke te kan oordra.

Ons kan ook kies hoe en waar

ons tussen verskillen­de stroombane wil ruil.

Hierdie spesifieke stelsel is meer omvattend omdat ons die lugverkoel­ing sonder ’n kragopwekk­er laat werk, dus moes ons ’n nagprogram in die stelsel hê wat die 220V-stroombaan beheer om te verhoed dat die batteryban­k beskadig word.

Die lekker ding van dié stelsel is dat dit eintlik relatief eenvoudig is. Sou ’n fout voorkom wat nie reggemaak kan word deur fout-opsporings op die planne nie, kan ’n mens met ’n satelliet-verbinding ondersoek doen en hopelik die fout só oplos.

Die stelsel se koste was sowat R800 000.

En wat was die totale koste van die projek?

Met die aankoopkos­te van die Unimog ingesluit het die projek R3 850 000 beloop.

Só ombouing hang natuurlik af van jou spesifikas­ies, en hierdie voertuig is ten volle op bestelling gebou.

Wat is binne?

• 1050 Watt-sonpanele • 4m Fiamma F45-sondak • Dometic onderbank-lugversorg­er • Gasstoof binne en buite • Geiser • Motorfiets­hyser en spaar-wielplatfo­rm • 8 x 6V 200Ah-batterye vir ’n 24V-batteryban­k • 1 x 12V 225Ah-battery • 2.5kW 220V-omskakelaa­r • Vitrifrigo-yskas/vrieskas • National Luna 80L-vrieskas • Ysmaker • Mikrogolf • Gasoond • Dubbelbed • Binne- en buitestort • Toilet • Alarmstels­el met bewegingse­nsors en deurmagnet­e • Afstandbeh­eerde veiligheid­s-beligting • Waterfilte­r • 3 x dieseltenk­s met ’n totaal van 450 liter diesel • 280 liter-watertenk • Voorsienin­g vir TV- en satel-lietverbin­ding

 ??  ??
 ??  ?? Drade vir Afrika. Die verspreidi­ngsbord lyk of dit van die Starship Enterprise af kom.
Drade vir Afrika. Die verspreidi­ngsbord lyk of dit van die Starship Enterprise af kom.
 ??  ?? Wat’s vir aandete? Met hierdie Unimog het jy ’n ten volle toegeruste kombuis oral tot jou beskikking.
Wat’s vir aandete? Met hierdie Unimog het jy ’n ten volle toegeruste kombuis oral tot jou beskikking.
 ??  ?? Lig hom hoog. Agter op die Unimog is daar ’n platform vir ’n motorfiets en die spaarwiel, wat met ’n wenas lig en sak.
Lig hom hoog. Agter op die Unimog is daar ’n platform vir ’n motorfiets en die spaarwiel, wat met ’n wenas lig en sak.
 ??  ?? Krag, pappie. Die Unimog se dak is met sonpanele bedek wat altesaam 1050 Watt krag lewer.
Krag, pappie. Die Unimog se dak is met sonpanele bedek wat altesaam 1050 Watt krag lewer.
 ??  ?? Hou ’n ogie. Twee digitale koppelvlak­ke in die kajuit en die bak monitor en beheer die Unimog se verskeie stelsels.
Hou ’n ogie. Twee digitale koppelvlak­ke in die kajuit en die bak monitor en beheer die Unimog se verskeie stelsels.
 ??  ?? Pakplek. Aan die buitekant is elke ekstra spasie benut. Dié deure sluit met drukslotte en het alarmmagne­te op.
Pakplek. Aan die buitekant is elke ekstra spasie benut. Dié deure sluit met drukslotte en het alarmmagne­te op.
 ??  ?? Vang ’n briesie. Alhoewel daar ’n stort binne is, bly ’n buitestort op ’n warm dag darem maar lekker.
Vang ’n briesie. Alhoewel daar ’n stort binne is, bly ’n buitestort op ’n warm dag darem maar lekker.
 ??  ?? Glip deur. Die luik tussen die kajuit en die bak is só ontwerp dat dit saam met die trok beweeg, maar steeds veilig is.
Glip deur. Die luik tussen die kajuit en die bak is só ontwerp dat dit saam met die trok beweeg, maar steeds veilig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa