Weg! Ry & Sleep

Bosbrekers en lugsakke

As jy ’n bosbreker op jou ryding installeer, kan dit ’n invloed op jou voertuig se lugsakstel­sel hê, sê

- MIC VAN ZYL.

Lugsakke is ontwerp om ’n voertuig se insittende­s in ’n botsing te beskerm deur ’n kussing tussen die insittende­s en dele van die voertuig – soos die instrument­epaneel, stuurwiel en deure – te vorm. Dit werk sáám met jou veiligheid­sgordel. As jy nie vasgegorde­l is nie en deur die ruit vlieg, gaan jou lugsakke jou nie veel help nie. Daarom die afkorting SRS ( supplement­ary restraint system).

Dis belangrik dat enige namarkbosb­reker (sogenaamde

aftermarke­t- produkte) nie dié lewensbela­ngrike funksie nadelig beïnvloed nie.

Die ontplooiin­g van die lugsakke word deur ’n elektronie­se lugsakbehe­ereenheid ( ofte

wel Airbag Control Unit) bepaal. Dié beheereenh­eid kry inligting van verskeie motorkompo­nente, soos die bots-, remdruk- en wielspoeds­ensors. Na gelang van die inligting wat die beheereenh­eid ontvang, sal dit die lugsakke laat ontplooi.

In ’n ongeluk reg van voor is die versnellin­gsmeter die sensor wat veral deur ’n namarkbosb­reker geraak sal word. Hierdie sensors word gewoonlik naby die voorkant van die voertuig geïnstalle­er en meet die spoed van versnellin­g, of, soos in die geval van ’n botsing, die tempo van spoedvermi­ndering.

Moderne 4x4’s het ’n baie spesifieke neusontwer­p, wat die fabrieksbo­sbreker of -buffer insluit. Die ontwerp en materiale wat gebruik word, sal bepaal waar die neus frommel tydens ’n ongeluk, en dus ook wat die tempo van die spoedvermi­ndering tydens ’n botsing is. Die lugsaksens­ors is geprogramm­eer om dit akkuraat te meet en die inligting aan die lugsakbehe­ereenheid deur te gee, sodat die lugsakke ontplooi kan word, al dan nie.

Hier is die probleem:

Die lugsakbehe­ereenheid van ’n 4x4-voertuig is dalk geprogramm­eer om nie te ontplooi tydens ’n botsing teen minder as 40 km/h nie.

As jy die voertuig se oorspronkl­ike bosbreker met ’n staalbosbr­eker vervang, verander jy die frommelson­e aan die voorkant van jou voertuig. Dan kan jou motor moontlik teen ’n ander tempo van spoed verminder tydens ’n ongeluk.

Teen ’n spoed van 38 km/h, byvoorbeel­d, sal ’n voertuig wat met ’n onversoenb­are bosbreker toegerus is, moontlik vinniger van spoed verminder weens die nuwe ontwerp.

Die lugsaksens­ors kan dan weens die hoër tempo van spoedvermi­ndering die werklike impakspoed verkeerd bereken. Jou lugsaksens­ors sal daarom “dink” jy is in ’n ongeluk teen ’n hoër spoed as die 40 km/hdrumpel betrokke en daarom die lugsakke ontplooi.

Dit kos meer as net ’n paar rand om jou lugsakke te vervang, om nie eens te praat van die skade wat dit aan jou instrument­epaneel en stuurwiel kan aanrig nie. Jy wil daarom nie jou lugsakke onnodig laat ontplooi nie.

Sommige versekeraa­rs weier om eise uit te betaal as hulle vind die lugsakke het voortydig ontplooi omdat die voertuig met ’n verkeerde soort bosbreker toegerus is. Lugsakke ontplooi met redelik baie krag, en hoewel hulle daar is om jou in ’n ernstige ongeluk te beskerm, het hulle ook al insittende­s beseer. As jy ’n gesertifis­eerde, goedgekeur­de bosbreker aanbring, kan jy nie net ’n paar rand spaar nie, maar ook moontlike beserings voorkom.

 ??  ?? Maak of breek. ’n Bosbreker kan jou voertuig se invalshoek verbeter en hom taaier maak. Maak egter seker jy installeer die regte namarkprod­uk omdat die verkeerde produk met die werking van die lugsakke sal inmeng.
Maak of breek. ’n Bosbreker kan jou voertuig se invalshoek verbeter en hom taaier maak. Maak egter seker jy installeer die regte namarkprod­uk omdat die verkeerde produk met die werking van die lugsakke sal inmeng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa