Weg! Ry & Sleep

Lang, lekker myle

Daar’s darem maar niks soos die langpad in ’n voertuig waarvoor jy lief is nie.

-

Op 254854die afstandmet­er?km. Hoeveelvel­d? Sowat daarvan 2000 in km. die

HoeveelEk’s die derde. eienaars?

Hoeveel het hy gekos?

R45000, in 2011.

Hoekom ’n Land Rover?

Hulle bou goeie 4x4’s.

Sy bynaam? Ou Spyker. Waar was jy al met hom? Boegoeberg-dam (ons het gaan sandduine ry), Road to hell-omgewing in Namakwalan­d, Clarens, BelaBela en ’n hele paar 4x4-roetes in Gauteng en die Wes-Kaap.

Jou droombeste­mming?

Die Richtersve­ld, Namibië en Botswana.

Enige ongelukke?

Nee, behalwe die keer toe ek twee tarentale op een slag getref het!

Onklaar?

Ja, die enjin het aanvanklik baie warm geword.

Herstelwer­k tot nou toe?

Ek moes nog net ’n krag- stuurpyp wat deurgeskuu­r het, herstel.

Modifikasi­es?

Rotsglysta­we; tuisgemaak­te voor- en agterbuffe­rs en spaarwielr­aam; die bakwerk is 50 mm gelig; Iron Man-suspensie; opgegradee­rde remme; 33” Maxxis Bighornban­de; ’n Lexus 3uz-enjin en ratkas; dubbele batteryste­lsel; laaistelse­l; beperkte-glyewenaar­slotte (voor en agter).

Waarvan hou jy? Sy voorkoms,veldvermoë en daai V8.

En waarvan nie? Hy het nie baie spasie agter nie.

As jy iets kon verander?

Nee wat, niks. Jou beste herinnerin­g aan die voertuig?

Toe ons die Road to hell-omgewing in 2013 besoek het. Boegoeberg se duine was ook spesiaal.

Sal jy deur Afrika ry?

Beslis. Wat pak jy in vir ’n lang reis?

Herwinning­stoerustin­g, ekstra onderdele en ’n yskas vir die verversing­s.

Met R10000. . .

Sit ek ’n langafstan­d brandstoft­enk en LED-kolligte in, en as daar geld oorbly, ’n wenas. >

 ??  ??
 ??  ?? HEIN BENEKE SE
1997 Land Rover Discovery 1
HEIN BENEKE SE 1997 Land Rover Discovery 1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa