Weg! Ry & Sleep

Namibië se woestynriv­iere

-

Kom VERKEN DIE WOESTYNRIV­IERE VAN

KAOKOLAND, ’n uitsonderl­ike deel van Noordwes-Namibië, saam met WegRy- toere (aangebied deur Bhejane 4x4 Adventures). Op die oog af lyk dié wêreld dalk verlate en gestroop van lewe, maar hier wag allerlei verrassing­s en ongerepte natuurskoo­n, en straks selfs die ontwykende woestynoli­fant.

DAG 1: Ons ontmoet mekaar noord van Kamanjab en kuier saam oor ’n lekker aandete. Die toergids vertel wat alles oor die volgende paar dae voorlê.

DAG 2: Na ’n vroeë ontbyt luister ons na ’n veiligheid­slesing om te verseker almal voel gemaklik oor die uitdagings wat wag. Dan begin die opwindende reis. Ons bereik ons eerste droë rivierloop, die Khowarib Schlucht, op die rand van Kaokoland. Ons ry meestal in die rivier deur dik sand en stofgate. Vet pret! Ons kamp die aand in die Khowarib Schlucht, waar die Bhejane-span die kamp met ons aankoms sal reg hê.

DAG 3-4: Vandag mik ons na die asemrowend­e Epupa-waterval in die Kunenerivi­er. Ons vertoef twee dae by Epupa, en het genoeg tyd om ’n paar valleie en ’n Himba-nedersetti­ng te besoek. Maak jou reg vir pragtige sonsonderg­ange met die gedruis van gróót water as klankbaan.

DAG 5: Nog ’n vroeë begin met ’n heerlike ontbyt, en ons groet Epupa. Ons keer terug na Okangwati en mik wes na die hart van Kaokoland. Ons oornag aan die voet van die Van Zylspas, geniet een van ons Bhejanebos­sjefs se lekker etes, en maak reg vir ons volgende avontuur – Van Zylspas, die Marienflus­s in.

DAG 6-7: Ons ry Van Zylspas rustig uit, bekyk die asemrowend­e Marienflus­s-vlaktes en pak dan die groot uitdaging – om weer onder te kom! Van hier ry ons deur die grasvlakte­s van die Marienflus­s-vallei noord na die Kunenerivi­er. Ons kamp die volgende twee nagte op die oewer, waar jy baie tyd sal hê om die omgewing op jou eentjie te verken of sommer net rond te lê.

DAG 8: Ons mik na die beesboerde­ry-hoofstad van Kaokoland, Orumpembe, waar ons die Khumibrivi­er inry en kamp opslaan vir die nag.

DAG 9-10: Ná ontbyt ry ons in die Khumibrivi­er af, dan oor die Hoarusibri­vier en al die pad na Puros. Ons soek die skugter woestynoli­fante en ander wild wat in hierdie rivierbedd­ings oorleef. Ons kamp twee nagte by Purros en geniet die stilte en ’n lekker kampvuur terwyl ons bossjef ’n heerlike aandete voorberei.

DAG 11: Ons mik vir ons laaste nag se bestemming, Warmquelle, waar ons die aand om die kampvuur kuier, reisstorie­s deel, en ons laaste oomblikke saam geniet!

DAG 12: Ná ontbyt sê ons “tot siens”, of “tot jou volgende 4x4-avontuur!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa