Weg! Ry & Sleep

WAT JY MOET WEET

-

HOEKOM MOET EK GAAN?

OP DIE ROETE

OM DIE ROETE

Die gebied het pragtige berge, mooi uitkykpunt­e, ’n groot verskeiden­heid voëls en ’n asemrowend­e naghemel.

Hoe lank is die roete? Sowat 40 km, wat 4-6 uur duur. Maksimum getal voertuie? 20 per groep wat ’n heksleutel deel, of 6 individuel­e voertuie per dag. Kry ek ’n kaart? Ja, by die ontvangska­ntoor by Meiringskl­oof. Sal my kar gekrap word? Dis onwaarskyn­lik. Moet ek my treeplanke afhaal? Ja.

Moet ek my eie kompressor saamvat? Ja. Kan ons langs die roete braai? Ja, maar net op aangewese plekke. Kan ek halfpad omdraai? Ja, op verskeie punte. Sal ons wild sien? Wild is nie die grootste trekpleist­er in Didibeng nie, maar jy sal waarskynli­k ’n paar blesbokke sien, en dalk ’n ribbok of ’n duiker.

Beste tyd om te gaan? Deur die jaar, maar die veld is in die somer die mooiste. Onthou egter dat somerreën die roete onrybaar kan maak. Bel dus om seker te maak. Kan ek my gesin saamvat? Ja. Net vir die dag of die naweek? Dagroetes is moontlik, maar ’n naweek is

ideaal.

Is hier ablusieger­iewe vir dagbesoeke­rs? Ja. Wat is hier nog om te doen? Aktiwiteit­e sluit in bergfietsr­y, stap, voëlkyk, swem, perdry en abseiling. Kry ’n permit om in die munisipale dam te hengel vir baars, karp en forel. Lesotho is net 11 km ver en mense bly dikwels in Meiringskl­oof en onderneem daguitstap­pies na AfriSki (95 km) of Katse Dam (100 km). Die naaste dorp en vulstasie? Fouriesbur­g (2 km). Hoe kom ek daar? Ry na Fouriesbur­g en draai af in Robertsons­traat. Draai links by die T-aansluitin­g en volg die pad na die ontvangska­ntoor van Meiringskl­oof.

GPS-koördinate: Meiringskl­oof-ontvangs: S28.60420 E28.22438

VERBLYF

Daar is verskeie verblyfkeu­ses in die Meiringskl­oof-natuurpark ( 058 223 0067) en in die Didibeng-bergpark.

KOSTE

R95 per voertuig, plus ’n R100-deposito vir die sleutel

KONTAK:

Ann Wood: 058 223 0067; admin@meiringskl­oofpark.co.za; www. meiringskl­oof.co.za

Onthou: Neem ’n verkyker saam vir voël- en wildkyk, ’n hoed en sonbrandro­om (daar is baie min skadu op die roete), drinkwater en herwinning­stoerustin­g as jy die Ventersber­g-roete gaan ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa