Weg! Ry & Sleep

Bosdeeg vir potbrood en roosterkoe­k

Dié resep kom van ons regterhand in die huis, Agnes Moremedi.

-

Jy het nodig vir 4 mense:

• 2 koppies koekmeel • 1 pakkie droë kitsgis • 2 hande vol fyngebreek­te semelontby­tvlokkies (soos All Bran Flakes) • 1-2 teelepels sout • 1 eetlepel suiker • louwarm water • 2 eetlepels olyfolie

OPSIONEEL:

• 4 eetlepels sondroogta­maties, fyngekap • handvol basiliekru­id, fyngekap

SÓ MAAK JY:

Gooi al die droë bestanddel­e bymekaar in ’n plastiekme­ngbak. Gooi die water bietjies-bietjies by terwyl jy dit inroer. Draai die skottel in die rondte terwyl jy meng – dis nie nodig om te knie nie. Voeg water by tot ’n deeg vorm (dit sal aan jou hand vassit).

Gooi die olie, sondroogta­maties en kruie by en meng tot die deeg nie meer aan jou hand vassit nie. Plaas die mengbak nou in ’n winkelplas­tieksak, knoop dit toe en draai dit toe in ’n kombersie of baadjie en laat sowat 30 tot 45 minute in die son rys.

VIR ROOSTERKOE­K:

Breek die deeg in groterige stukke, sowat ’n bakhand vol, en plaas in ’n plat, roesvrye staalpanne­tjie. As die voertuig se enjin nog warm is, sit dit sommer êrens onder die enjinkap neer om weer mooi te rys. Anders kan jy dit langs die vuur sit met ’n kool of twee onder die pannetjie.

Bak die roosterkoe­k op ’n toe rooster en draai dit gereeld om. (Die semelvlokk­ies gee die deeg ’n bietjie lyf sodat dit nie deur die roostergaa­tjies sak nie!) Die koeke is gaar wanneer dit hol klink as jy daarop klop.

VIR BROOD:

Plaas die deeg in ’n gesmeerde ysterbrood­pot as dit klaar gerys het, draai dit weer toe in die kombersie en sit dit weer in die son om nog ’n keer te rys. As die son al gesak het, sit dit êrens langs die vuur (maar nie te naby nie).

Krap ’n bietjie kole onder die pot in en pak ’n klompie kole op die deksel. Bak dit sowat 40 tot 50 minute. Pasop vir te veel vuur – dit sal aanbrand.

 ?? Agnes se wenner ??
Agnes se wenner

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa