5 Lekker wilde kampeerplekke!
Sit dié vyf kampeerplekke op jou lysie as jy êrens wil oornag waar jy nie tussen die snoepie se muur en die putt-putt-baan hoef tent op te slaan nie.
1 Glybank, Richtersveld-wêrelderfenisgebied
Die Glybank-kampterrein lê naby die dorpie Kuboes in die Richtersveld-wêrelderfenisgebied, naby aan die Richtersveld-nasionale park.
Die kampterrein is net 6 km buite die dorp, maar jy’s byna heeltemal afgesonder van die buitewêreld. Die enigste tekens van menselewe wat jy dálk mag sien, is ’n Nama-trekboer wat op die horison met sy bokkudde verbydraf.
Jy kamp onder ’n heuwel vol reusag- tige rotse bestrooi met kokerbome wat kiertsregop teen die helling staan. Omtrent halfpad boontoe teen die kop uit kan jy vars, koel water uit ’n stroom drink.
Afgesien van twee puttoilette en ’n klipkring of twee waar jy vuur kan maak, is hier nie veel nie. Maar dís die lekker van Glybank. Dié kampterrein is net sowat 5 km verby Barra Lodge in Inhambane, Mosambiek. Jy kamp op sagte seesand onder hoë palmbome, byna teen die punt van die skiereiland. Die kampplek is só naby aan die baai se mond dat jou tydsberekening soms baie goed moet wees om in en uit te kom. Want met springgety sny die water die kamp heeltemal af en kan jy nêrens heen nie. Dan moet jy maar by die strandkroeg sit en kyk hoe groot bote, wat ’n uur gelede nog op droë grond gelê het, op die water dobber.
2 White Sands, Inhambane, Mosambiek
3 Kubu-kamp, Kubu-eiland, Botswana
Kubu se kampplek is ’n basiese oornagplek op die Sowapan, in die omgewing van die Makgadikgadi-pan, Botswana. Dis ’n onvergeetlike ondervinding om ’n nag hier deur te bring. Maak jouself reg vir ’n wêreld waar stadsligte en -geraas nog iets uit die verre toekoms is. Jy sal ver soek vir ’n rustiger plek van waar jy die helder naghemel op jou kampstoel kan sit en bewonder. Dis daarom ook maklik om te sien waarom Kubu ’n gewyde plek vir die plaaslike bevolking én ’n nasionale gedenkwaardigheid is.
Hier is meer as 200 kremetartbome op die eiland, omring deur die wit sout van die pan. Jy kan byna 150 km oor die dorre aarde uitkyk – dit voel jy sien die einde van die wêreld. Die Makgadikgadi-panne sal immers byna die helfte van Israel kan bedek. – Frank Carlisle, Bhejane Adventures
Kontak: +267 75 49 4669 (jy moet minstens ’n maand voor die tyd bespreek) GPS: S20.890996 E25.821963 Dié kampplek is ’n klein oase op die Okavangorivier se oewer met heerlike kampplekke onder groot jakkalsbessiebome. Die meeste staanplekke is naby aan die water. Ngepi is aan die bokant van die Okavangodelta-pansteelstreek aan die westekant van die Zambezi-streek (Caprivi). Ngepi wemel van die wild en is natuurvriendelik – die kamp gebruik byvoorbeeld net sonkrag.
As jy hier afsaal, maak tone nat in Ngepi se “swembad” – ’n omheinde, vierkantige poel in die rivier. Die heining is nie om jou binne te hou nie, dit keer dat jy krokodil- of seekoeikos word! Dis ’n onvergeetlike ondervinding. – Frank Carlisle, Bhejane Adventures
Kontak: + 264 (0) 66 259 903 of +264 (0)81 20 28 200, bookings@ngepicamp.com;
GPS: S18.116851 E21.670256 4 Bhejane, Grootriviervallei, Suid-Afrika Dié natuurreservaat is in die Grootriviervallei, net noord van die Baviaanskloof en sowat 50 km van Willowmore. Bhejane se boskamp lê onder ruie doringbome en jy kan jou maklik verbeel jy kamp in die hartjie van die Bosveld. Die staanplekke het ’n gerieflike lapa met ’n paar bankies om ’n groot vuurmaakplek. Die ablusieblok bied ’n egte boservaring – die binnestorte het warm water, maar jy kan ook onder een van twee buitestorte skrop terwyl die blouape jou uit die bome dophou.
Kontak: Philip en Adriana Theunissen 044 923 1816, info@bhejane.co.za
GPS: S33.19481 E23.92153
www.weg.co.za