Neem beter foto’s… in Botswana!
Pak jou kamera, ’n kampstoel en jou avontuursin en kom saam met WegRy op ’n fototoer deur Botswana!
In samewerking met Mpafa/Bhejane gaan ons in Maart 2015 op ’n epiese fotoreis deur Botswana en die Caprivi. Jy gaan die Okavangodelta, die Makgadikgadipanne, die Caprivi én die Victoriawaterval sien. Daarby is Weg se fotoredakteur, Sam Reinders, deurentyd aan jou sy om jou fotoneemvaardighede na die volgende vlak te neem. Met Sam se persoonlike aandag en Mpafa/Bhejane se ervare begeleiding gaan jy dié land op ’n unieke manier beleef.
DÍS WAT JY MOET WEET
Hoe lank? 11 dae, 10 nagte.
Wanneer? 20-30 Maart 2015.
Waarvandaan vertrek die toer?
Die Nata-lodge, Botswana.
Waar gaan ek slaap? Almal bly in tente.
Prys R11 450 p.p.
DIE TOERPRYS SLUIT IN ’n professionele toerleier en ervare veldgids drie smaaklike etes per dag alle parktariewe alle verblyf tweerigtingradio’s
EK IS ’N AMATEUR…
Dit maak nie saak of jy en jou mik-en-druk nog huiwerig is en of jy al gekonfyt is nie; dié fototoer kan jou vaardighede slyp.
Ons sal jou leer oor komposisie, beligting en ’n hele paar fototruuks wys – gesellig op ’n wildsrit of om ’n kampvuur.