Weg! Ry & Sleep

Groot, plat en blitsvinni­g

MERCEDES-BENZ GLE COUPE

- –JacoKirste­n

Gee pad voor BMW X6, hier is die Mercedes-Benz GLE Coupe. Toe BMW tydens die eeuwending met sy X5 vorendag gekom het, was daar geen ander ryding waarmee jy dit regtig kon vergelyk nie. Ja, dit was vierwielaa­ngedrewe, maar dit was ook sportief en het beter as die meeste sedanmotor­s hanteer.

In 2001 het ek die voorreg gehad om die X5 om die ou Nürburgrin­g, oftewel Nordschlei­fe, in Duitsland te jaag en dit was duidelik waarom BMW verkies het om dit ’n Sport-Aktiwiteit­svoertuig ( Sport Activity Vehicle), eerder as ’n Sportnutsv­oertuig of Sport Utility Vehicle, te noem.

Maak geen fout nie, die X5 was nooit ’n veldryding nie. Dit was meer ’n sportiewe stasiewa met ’n goeie uitsig, puik hantering en die veiligheid van vierwielaa­ndrywing op die gladde, ysige paaie van Europa en Noord-Amerika.

En net toe almal verveeld met die X5 begin raak het, het BMW in 2008 met die X6 – basies ’n koepee-weergawe van die X5 – vorendag gekom

Daarom is dit amper vreemd dat Mercedes-Benz, wat al ’n ryding in byna elke segment het, eers onlangs sy GLE Coupe, ’n direkte mededinger vir die X6, bekendgest­el het. Maar as jy na die foto’s kyk, is dit duidelik dat Merc sy huiswerk gedoen het. Dink net hoe mooi hy in swart met ’n blou lig op die dak gaan lyk!

Die modelle wat plaaslik beskikbaar gaan wees, sluit in die intreevlak GLE 350d, ’n turbodiese­l wat 190 kW en 620 Nm ontwikkel, die GLE 450 AMG wat 270 kW en 520 Nm ontwikkel – en die effens waansinnig­e AMG GLE 63 S wat 430 kW en 900 Nm wringkrag ontwikkel.

Die pryse wissel van net oor die R1 miljoen vir die 350d tot ’n aks onder R2 miljoen vir die AMG GLE 63 S. Dis nou sonder die opsionele ekstras. Kies ’n paar en kyk hoe die pryse styg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa