Weg! Ry & Sleep

DUBBELKAJU­IT VAN DIE JAAR

Ford Ranger 3.2 TDCi XLT

-

As ons dié segment suiwer op verkope moes grond, sou die Ranger tjop-tjop met die louere weggestap het. Ford verkoop nou al ’n ruk lank meer dubbelkaju­it-4x4’s aan die ontspannin­gsmark as enige van sy teenstande­rs.

Met die massas wat tou staan om Rangers te koop, kan ons nie stry nie. En met die feit dat die voorkoms van die nuwe Ranger baie ander bakkies op hulle neus sal laat kyk, kan ons óók nie stry nie. Dit beteken dat die Ranger reeds in twee afdelings uittroon. Wat van die res?

Die 3,2 liter-Duratorq-turbodiese­lenjin het homself reeds bewys. Dis dalk nie die mees verfynde turbodiese­lenjin nie, en die Amarok ry hom dalk weg oor ’n kwartmyl, maar die enjin doen wat jy daarvan verwag. En ’n Afrikaeksp­edisie is heelwat langer as ’n kwartmyl. Die enjin ontwikkel steeds ’n indrukwekk­ende 147 kW en 470 Nm, maar nou met effens beter brandstofv­erbruik.

Die groot vernuwing onder die vel is die ratkas. Die Ranger se vorige outo-ratkas was maar ’n donkie. Die nuwe een hardloop tussen ratte soos ’n luiperd agter ’n springbok aan.

Ford se slimkoppe het ook die hidroulies­e kragstuur met elektronie­se kragstuur vervang, wat minder elbowghrie­s verg.

Die nuwe Ranger het ook aanpasbare snelheidsb­eheer (hy kan met behulp van radar ’n konstante afstand tussen jou en die voertuig voor jou hou), kameras en rekenaars wat jou help om die voertuig in sy baan te hou, én die nuwe SYNC2media­stelsel. Voorheen was hierdie soort tegnologie slegs in luukse sportnutsv­oertuie beskikbaar, maar Ford het die streep in die sand getrek. Die vraag is nou, hoe goed gaan die nuwe Hilux wees? Want hy sal moet uithaal en wys om die verbeterde Ranger te onttroon.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa