Weg! Ry & Sleep

SAGTE VELDRYER VAN DIE JAAR

Land Rover Discovery Sport SD4 HSE Luxury

- – Gerrie van Eeden

Noem dit die nuwe Freelander (al ontken Land Rover dit) of die nuwe kleinboeti­e uit die Land Rover-stal. Hoe dit ook al sy, die Discovery Sport is ’n sagte veldryer met ’n (bietjie van ’n) harde baard.

In hierdie segment is daar ’n paar voertuie wat aanspraak maak op die kroon as ons Sagte Veldryer van die Jaar. Dink maar aan die Jeep Cherokee en Hyundai se mooi Santa Fe. Wat voorkoms betref, het die Discovery Sport dus stewige kompetisie.

Behalwe vir die Jeep Cherokee Trailhawk is daar egter nie ’n ryding in hierdie segment wat naby die Discovery Sport kom wat 4x4-vermoë betref nie.

Die Sport is ’n voertuig wat sal tuis wees langs ’n rugbyveld, maar ook ’n rowwe grondpad en ’n hindernis kan kafdraf.

Dis alles te danke aan slim tegnologie. Met die druk van ’n knoppie kan jy Land Rover se TerrainTec­h- pakket gebruik en kies tussen verskillen­de veldrymodu­sse vir oppervlakt­es soos klip, modder, sneeu of sand.

Nes met die verbasend bekwame Range Rover Evoque, help TerrainTec­h ook vergoed vir die feit dat die Discovery Sport nie laestrekra­tte het nie.

Die HSE Luxury het 19 duimvellin­gs as standaard, maar Land Rover laat jou toe om dit vir die 17 duim-vellings te verruil. Kombineer dit met 212 mm grondvryho­ogte, die vermoë om teen opdraandes van 40° uit te ry, en teen 45º af, en jy sit met ’n voertuig wat sy man kan staan.

Onder die enjinkap is ’n sterk bulletjie – ’n SD4-turbodiese­lenjin met 140 kW krag en 470 Nm wringkrag. Syfers soos daai vanuit ’n betreklik klein 2,2 liter-enjin sal selfs die eienaars van party dubbelkaju­it bakkies jaloers maak.

Kombineer nou die Discovery Sport se uitstekend­e veldryverm­oë, sy slim tegnologie, hiperluuks­e binneruim en uiters sexy voorkoms, en jy kan sien waarom hy ons titel van Sagte Veldryer van die Jaar kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa