Weg! Ry & Sleep

SPORTNUTSV­OERTUIG VAN DIE JAAR

Ford Everest XLT

- – Charles Thompson

Toyota se Fortuner kraai al lank koning in hierdie segment met verkope wat deur die jare maandeliks gereeld die 1 000-syfer oortref het. En met rede, want nie net is dit ’n puik pakket nie, maar dit was vir lank ook ’n ryding wat geen teenstande­rs gehad het nie. En selfs al het daar mettertyd waardige mededinger­s soos die Mitsubishi Pajero Sport en Chevrolet Trailblaze­r tot die mark toegetree, kon geen van hulle regtig die Fortuner se posisie onder SuidAfrika­anse kopers bedreig nie. Dit wys jou hoe sterk handelsmer­klojalitei­t is.

Toe ons verlede jaar die Mitsubishi Pajero Sport 2.5 Di-D as die Sportnutsv­oertuig van die Jaar aangewys het (en ’n paar mense in hulle bier verstik het), het ons voorspel dat die nuwe Ford Everest dinge in dié kategorie gaan omkrap ( WegRy #77). En dit het toe gebeur.

Die Everest is ’n groot verbeterin­g op die vorige model, wat nie net ’n lelike eend was nie, maar ook ’n primitiewe onderstel met bladvere agterlangs gehad het.

Die nuwe Ford Everest het egter tegnologie­s ’n groot sprong vorentoe gegee en sommer ook sy kuif gekam.

Dit volg die standaardr­esep van heeltydse vierwielaa­ndrywing, ’n agterste ewenaarslo­t en ’n laestrek-ratkas. Maar ’n nuwe TerrainMan­agementvel­drybeheers­telsel, soortgelyk aan dié in die Discovery Sport, laat jou met die draai van ’n knop tussen ry-modusse vir oppervlakt­es soos klip, sand en modder kies. Die stelsel is ook ’n eerste in die Everest se segment.

Ander eienskappe sluit in grondvryho­ogte van 225 mm, outomaties­e afdraandre­mming, ’n opdraande-wegtrekhul­p en ’n klasleiden­de dompeldiep­te van 800 mm – nou’t jy mos ’n taai én slim 4x4.

Ons is wel skepties oor die 18 duim-bande op die XLT (20 duim op die luukser Limited). Dié vellinggro­otte is nie ideaal in sand nie en is kwesbaar vir skerp klippe. Dit kan jou ook in die verknorsin­g los as jy ’n band ver van jou plaaslike SupaQuick verloor.

Die Everest het ’n luukse kajuit en soos die Ranger is kragstuur nou ook elektronie­s, in plaas van hidroulies. Die kajuit is besonder stil danksy ’n stelsel wat geraas optel en dit met klankgolwe uitkansell­eer, terwyl die derde ry sitplekke heeltemal in die vloer kan wegvou. Boonop is sy instrument­asie en raakskerm ongetwyfel­d die beste in sy klas.

Die Everest het dieselfde 3,2 liter-Duratorq-enjin as die Ranger. Sy kragleweri­ng van 147 kW is die beste in sy klas en die wringkrags­yfer (470 Nm) die tweede beste (die Chevrolet Trailblaze­r se 2,8 Duramaxenj­in lewer 500 Nm wringkrag).

Van al die bakkie-gebaseerde sportnutsv­oertuie in sy segment het die Everest dus die beste balans tussen krag en rygerief, weelde en veldryverm­oëns. Daarom is hy ons Sportnutsv­oertuig van die Jaar.

Die nuwe Everest het tegnologie­s n groot sprong vorentoe gegee en sommer ook sy kuif gekam.”

 ??  ?? Pajero Sport 12% Fortuner
46%
Pajero Sport 12% Fortuner 46%

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa