Weg! Ry & Sleep

EKSPEDISIE-4X4 VAN DIE JAAR

Toyota Land Cruiser 76 Series V8-turbodiese­l

-

In 1984, ’n volle 31 jaar gelede, het ’n paar dinge gebeur. Bruce Springstee­n het sy album BornintheU­SA bekend gestel, Zola Budd en Mary Decker het tydens die 3 000 m-finaal van die Los Angeles Olimpiese Spele in mekaar vasgehardl­oop – en Toyota se Land Cruiser 70-reeks het op die mark verskyn.

Sedertdien het hy nog bitter min verander. Ja, hy’t kronkelver­e op die voorste as gekry, sy neus is ’n bietjie opgeknap en die instrument­asie het nou satellietn­avigasie. Maar die onderstel en basiese resep van ’n baie taai leerraamon­derstel met twee vaste asse het onverander­d gebly. En met goeie rede, want dit wérk.

Weens streng regulasies in Europa en Amerika kan jy nie ’n 70-reeks Land Cruiser daar koop nie. Maar Toyota verkoop soveel van hierdie rygoed in Afrika, Asië, Australië en Suid-Amerika dat dit nog steeds lonend is om hom te bou. Dit sluit in myne, weermagte (en rebellegro­epe), konstruksi­emaatskapp­ye, boere en 4x4-ryers wat hulle met groot entoesiasm­e inspan.

Trouens, jy kan vir enige groep 4x4-kenners vra watter voertuig hulle sal kies as hulle lewe sal afhang van ’n suksesvoll­e Kaap-na-Kaïro-rit, en 99% van hulle antwoord “’n Land Cruiser”.

Tot so twee jaar gelede was die 4,2 liter1HZ-enjin al dieselopsi­e in die 70-reeks. Ja, hy’s baie betroubaar en kan op Frisco-kitskoffie en country-musiek loop as dit moet, maar jislaaik, daai 96 kW en 285 Nm laat niemand in vervoering nie.

En dis waar die 4,5 liter-1VD-FTVV8-turbodiese­l met sy 151 kW en 430 Nm in die prentjie kom. Want skielik het jy ’n haas onkeerbare 4x4-stasiewa met vaste asse, twee ewenaarslo­tte én ’n enjin wat dit moontlik maak om heeldag moeiteloos teen 140 km/h aan te suiker as die pad (of gebrek aan spietkops) dit toelaat.

Sy grootste mededinger­s is die Nissan Patrol en Mercedes-Benz G300 CDI Profession­al, maar die Patrol het net ’n dors 4,8 liter-petrol en ’n pap 3,0 liter-turbodiese­l, terwyl die Merc baie naby aan R1miljoen is. Vir sy prys van R661 100 is daar geen voertuig in die wêreld wat hom as ekspedisie­voertuig kan ore aansit nie. – Jaco Kirsten

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa