Weg! Ry & Sleep

BEKWAAMSTE 4X4 VAN DIE JAAR

Jeep Wrangler Rubicon Unlimited

- JacoKirste­n

Daar is twee soorte 4x4-liefhebber­s: Diegene wat weet hoe goed ’n Jeep Wrangler Rubicon in rowwe terrein vaar – en dié wat dit nog moet uitvind.

Die resep is eenvoudig: Vat ’n ryding met ’n kragtige 3,6 liter-V6-petrolenji­n, leerraamon­derstel, vaste asse en twee ewenaarslo­tte – en staan terug. O ja, en dan is daar nóg ’n partytjiet­ruuk in die vorm van die teenkantel­stawe van die voorste as wat jy met die druk van ’n knoppie ontkoppel om indrukwekk­ende wielartiku­lasie moontlik te maak.

Vir die meeste veldry-toepassing­s werk ’n dieselenji­n baie goed, maar turbodiese­ls ontwikkel hulle piekwringk­rag eers teen ’n sekere enjinsnelh­eid – hier vanaf 1 800 – 2 000 r/min.

Kragtige petrolenji­ns (die Rubicon s’n ontwikkel 209 kW en 353 Nm) het egter die voordeel van geen turbo-traagheid nie en dat hulle krag- en wringkragl­ewering baie liniêr is. Jy het dus teen luiersnelh­eid reeds bruikbare wringkrag wat soomloos toeneem terwyl jy die versneller geleidelik dieper trap.

Die Wrangler is ook ’n bewys van presies hoe Land Rover die bus met hulle Defender verpas het.

Die Defender het vanjaar die einde van sy leeftyd bereik omdat Land Rover verseg het om hom bietjies-bietjies te verbeter – totdat strenger Europese veiligheid­svereistes beteken het dat hy nie meer daar verkoop kon word nie. In Amerika mag hy al sedert 1993 nie meer verkoop word nie.

Met die Wrangler het Jeep nie net daarin geslaag om met elke nuwe generasie iets te skep wat meer modern en gerieflik as sy voorganger is nie, maar wat steeds net so goed – of beter – in die veld was. Hoeveel ander vervaardig­ers kan dit sê?

Tekortkomi­nge? Pakplek agterlangs is min, en teen 120 km/h is daar redelik windgeraas. Maar die binneruim is modern genoeg dat jy hom dit kan vergewe. Want dit is immers ’n baie hardebaard­veldryer.

Die nuwe Wrangler gaan eers in 2017 onthul word en volgens Mark Allen, Jeep se ontwerphoo­f, gaan dit steeds vaste asse hê. Maar Jeep-aanhangers gaan twee nuwighede hê: ’n 3,0 liter-diesel sowel as ’n dubbelkaju­it-Wrangler.

Tot dan gaan die huidige Wrangler steeds die septer swaai as die mees bekwame (of is dit onkeerbare?) 4x4 wat geld kan koop. Want nes met die Land Cruiser, is die Wrangler die versinnebe­elding van “oud, maar nog nie koud”. –

 ??  ?? Defender 90 51%
Jeep Wrangler Rubicon
49%
Defender 90 51% Jeep Wrangler Rubicon 49%

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa