Weg! Ry & Sleep

GE- GEAR VIR DIE KRUGER

JOU KRUGERWILD­TUINGIDS: MET STORIES Deur Frans Rautenbach

- – Aimee Bishop

UITGEWER: Tafelberg PRYS: R250

Toe my Skotse familie ’n paar jaar gelede vir ons kom kuier het, het ons ’n week lange vakansie in die Krugerwild­tuin saam met hulle beplan. Maar dit was moeilik om voor die tyd vir hulle te verduideli­k wat ’n ware Kruger-ervaring sou behels.

Op die eerste dag het ons sommer al vyf die grotes gesien, maar vir die res van die vakansie meestal net rooibokke. Dis waar Frans Rautenbach se Kruger-gids handig te pas sou kom.

Dié boek is ’n goeie beginnersg­ids. Frans gaan al die afgelope 50 jaar wildtuin toe en ’n mens kan dit sien in sy boek – dis propvol praktiese wenke en lekker stories oor sy ervarings. Die skrywer vang ook die unieke atmosfeer van die wildtuin mooi vas.

Sy inligting oor die kampe en ruskampe is noukeurig en hy gee ’n gradering vir elkeen (onthou net, dis sy persoonlik­e ervaring en opinie). Van my meer ervare reisgenote, wat die wildtuin al die afgelope drie dekades besoek, het wel verskil met sommige van Frans se opinies, soos dat ’n mens in party dele ver moet ry om wild te sien. Maar in die algemeen is sy raad in die kol.

Dis ’n praktiese gids vol inligting oor hektye, paklyste, kampkosres­epte en ’n lys van Frans se top-5-roetes vir wildkyk.

Gesoute Kruger-besoekers sal reeds ’n goeie idee hê van hoe ’n mens jou tyd in die park op die beste manier kan benut. Maar as jy ’n vriend het wat nog nooit dié nasionale park besoek het nie, is dit die ideale geskenk; ’n omvattende bekendstel­ling aan een van Suid-Afrika se gewildste bosbestemm­ings.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa