Weg! Ry & Sleep

FOTOGRAFIE-RUBRIEK

5 wenke vir skerper fokus

- DEUR VILLIERS STEYN

1 LOER OP DIE LENS

Kameralens­e het ’n verstellin­g vir “autofocus” (A/AF) en “manualfocu­s” (M/MF). In MF moet jy self die fokusring draai om op jou onderwerp te fokus, in AF doen die kamera dit self. Maak seker jou kamera is op AF.

2 GEE KANS

Wanneer jou lens op AF gestel is, moet jy ook “autofocus” op die kamera kies. Vir stilstaand­e onderwerpe, maak seker die kamera fokus eenmalig op die onderwerp en “lock” die fokus op daardie punt. Op Canon-DSLR-kameras staan dit as OneShot bekend en by Nikon as AF-S. Vir bewegende onderwerpe moet die kamera deurgaans op die onderwerp fokus terwyl dit beweeg. Hierdie verstellin­g staan bekend as Continuous AutoFocusM­ode of AIServo vir Canon-gebruikers en AF-C vir Nikon-gebruikers.

As jy die verkeerde fokusmodus in die verkeerde omstandigh­ede gebruik, kan die foto effens uit fokus wees. Kyk byvoorbeel­d na hierdie woelige luiperdwel­pie: Foto A is uit fokus, want ek het ’n bewegende onderwerp in One Shot/AF-S geneem, maar foto B is geskiet op AIServo/AF-C.

3 GEE LIG

Dis baie moeilik om op ’n donker onderwerp te fokus. Verlig dus jou onderwerp snags met ’n kollig of eksterne kameraflit­s.

4 HAAL DIE FILTER AF

UV-filters beskerm wel jou lens, maar sommige filters kan foto’s effens sag laat lyk. Toets jou toerusting met en sonder die UV-filter en kyk of dit ’n verskil maak aan jou fotoskerph­eid.

5 KIES DIE REGTE SLUITERSPO­ED

Stel ook jou sluiterspo­ed om “camerashak­e” te voorkom.

Maak seker jou sluiterspo­edwaarde is 1 oor die fokale lengte wat jy gebruik. As jy ’n 100-400 mm-lens gebruik en tot op 400 mm inzoem, moet jou sluiterspo­ed minstens 1/400 sekondes wees. Jy kan jou sluiterspo­ed verhoog deur van AutomaticM­ode na Program Mode (P) oor te skakel en die ISO-waarde effens te verhoog, bv. van 100 na 400 of 800.

Daar’s min dinge wat ’n dierefotog­raaf so frustreer soos foto’s wat uit fokus is. Hou hierdie vyf goed in gedagte en jou foto’s behoort skerper as die beeld van ’n Swarovski-verkyker te wees.

 ??  ??
 ??  ?? B
B
 ??  ?? A
A
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa