Weg! Ry & Sleep

WEELDE-4X4 VAN DIE JAAR

Volvo XC90

- – Gerrie van Eeden

Daar is ’n paar goed wat die Swede verstaan. Een daarvan is saunas. Die ander is voertuigve­iligheid en hoe om ’n sportnutsv­oertuig (SNV) so luuks soos ’n vyfsterhot­elkamer te maak.

By die bekendstel­ling van die Volvo XC90 het die maatskappy egter nie gespog dat hy die mees luukse binneruim, kragtigste enjin of gemaklikst­e rit bied nie. (Hoewel dit alles op die standaard is wat jy van ’n voertuig verwag wat naby aan R1 miljoen kos.) Volvo se groot fokus was op die XC90 se veiligheid­seienskapp­e, danksy sy IntelliSaf­e

tegnologie.

Behalwe vir aanpasbare snelheidsb­eheer en ’n truratkame­ra (teen dié tyd al amper standaard in luukse sportnutsv­oertuie), hou radar en kameras voortduren­d die pad voor jou, langs jou en agter jou dop vir ander verkeer. Die blikbrein monitor selfs die sypaadjie vir voetganger­s. Dit sal jou waarsku en help om remme aan te slaan as iemand voor jou instap of ’n ander motor voor jou beland.

Indien die byna onmoontlik­e gebeur en ál die stelsels jou in die steek laat, is daar ’n

SafePositi­oning- stelsel wat die sitplekgor­dels outomaties styfspan om beserings in ’n ongeluk te voorkom. Die sitplekke is spesiaal ontwerp om impak te absorbeer.

In so ’n groot SNV verwag ’n mens ’n enjin wat baie petrol of diesel gebruik, maar hier het die Swede ook ’n kishou geslaan. Die petrolopsi­es, ’n T5 met een turboaanja­er en T6 met twee, ontwikkel onderskeid­elik 187 kW en 350 Nm en 235 kW en 400 Nm.

Die dieselenji­ns het een turboaanja­er in die D4 en twee in die D5. Die D4 ontwikkel 140 kW en 400 Nm, terwyl die D5 165 kW en 470 Nm lewer. Daar is eintlik baie min aan hierdie wa wat sal teleurstel en dus is dit ’n maklike toekenning om te maak. As jy op soek is na ’n luukse SNV, gaan jy hard soek om een te kry wat vir jou beter waarde en veiligheid­seienskapp­e as die Volvo XC90 gee.

 ??  ?? Range Rover Sport 42% XC90 8%
Audi Q7
19% BMW X5
4%
Mercedes-Benz M-klas 27%
Range Rover Sport 42% XC90 8% Audi Q7 19% BMW X5 4% Mercedes-Benz M-klas 27%

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa