Weg! Ry & Sleep

GESTOPTE, GEVLEKTE HOENDER

Kalkoen is wêreldwyd sinoniem met Kersfees, maar as jy dié reuse voël in jou kampyskas saamry, gaan daar dalk geen plek vir die bier wees nie. Dié gevlekte hoender is meer prakties en boonop smullekker.

-

BESTANDDEL­E

• Die grootse plaashoend­er wat jy kan kry

• 1 mediumgroo­tte ui, fyngekap

• Olyfolie

• 2 knoffelhui­sies, fyngekap

• 4 varkworsie­s (uit die vel gehaal)

• ½ koppie droë witwyn

• 1 eetlepel droë salie

• ½ koppie vars broodkrumm­els

• 1 eier, geklits

• ½ koppie fetakaas, fyngekrumm­el

• 1 suurlemoen

• Sout en peper na smaak

SÓ MAAK JY

Braai die uie in ’n bietjie olyfolie tot sag en deurskynen­d en voeg die knoffel by. Braai alles vir nog ’n minuut. Voeg die vleis van die varkworsie­s by en braai dit terwyl jy die vleis fyn druk. Gooi ’n halwe koppie droë witwyn, grofgemaal­de peper en salie by en prut vir 5 minute. Verwyder die pan van die hitte en laat dit afkoel. Meng die broodkrumm­els, geklitste eiers en fetakaas hierby, asook sout en peper. Sny die hoender oop. Baie mense sny die hoender tussen die twee borste en vlek hom só oop, maar ek sny of knip hom al langs die ruggraat (van die stert tot by die nekholte) oop sodat die borsies teen mekaar bly. Draai die hoender om en druk hom plat totdat jy hoor sy borsbeen kraak. Nou’t jy ’n properse flattie. Druk jou vingers tussen die vel en vleis in en maak soveel van die vel as moontlik los. Stop handevol vulsel egalig onder die vel in, oor die borsies, duie en bene. As daar van die stopsel oor is, maak bolletjies en braai dit. Giet sowat ’n kwartkoppi­e olyfolie oor die hoender uit, saam met ’n teelepel sout, en vryf die hoender goed hiermee in. Nou is hy reg vir die kole. Braai die hoender oor matige kole en draai die rooster dikwels om. Druk nou en dan ’n bietjie suurlemoen­sap daaroor uit. Die vleis behoort oor sowat ’n uur mooi bruin en tot op die been gaar te wees. Haal hom dan af, bedek met foelie en laat die vleis in ’n skottel vir 15 minute rus voor jy dit voorsit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa