Weg! Ry & Sleep

IS DIE AMAROK ’N ‘SAGTE 4X4’?

-

Ek het in April die 2015-Amarok-4x2dielsel­model met 8 spoed- outomaties­e ratkas gekoop. Die artikel “Agt ratte in ons Amarok” ( WegRy #76) oor die 4motion-model skep die indruk dat dit eintlik ’n sagte 4x4 is. Ek sê dit omdat ek voorheen ’n 2007 BMW X3-diesel 3 liter gehad het. Die model het ’n sessilinde­r-enjin en 6 spoed- outomaties­e ratkas gehad, wat 160 kW en 500 Nm wringkrag kon ontwikkel. Daarteenoo­r lewer die Amarok 132 kW en 420 Nm wringkrag. Kyk net hoe het tegnologie verbeter! Nou kan jy met ’n 2 liter-enjin byna net soveel krag as met ’n ou 3 liter-enjin ontwikkel. Ek wil egter byvoeg, en hieroor gaan ek dalk ’n pak slae kry, die BMW het sy krag in skopgrawe gelewer, teenoor die Amarok wat syne in tuingrawe uitdeel.

Die BMW X3 was in permanente vierwielaa­ndrywing en die aandrywing­verhouding was 40:60. As die rekenaar wieltol optel, sou die verdeling aangepas word. Die X3 het (soos die Amarok) ook nie ’n laestrekra­tkas gehad nie, maar die BMW het beter bande vir veldry gehad, en sy grondvryho­ogte was 202 mm teenoor die Amarok se 192 mm. Die Amarok het weer ’n agterste ewenaarslo­t wat die BMW nie gehad het nie.

Ek is nie so seker of die “off road”knoppie van my nuwe Amarok ’n noemenswaa­rdige verskil maak nie.

Ek het met die X3 dikwels grondpaaie gery, ook met my boswa aangehaak, en die X3 het goed op die grondpaaie hanteer. Die Amarok hanteer beter met die “off road”-knoppie geaktiveer, maar ek het opgemerk dat dié funksie nie aktiveer wanneer die boswa gehaak is nie. Ek wonder of ander Amarok-eienaars dieselfde ondervind as hulle iets daarmee sleep?

Dit laat my wonder of spesifiek die outomaties­e model as ’n “ware 4x4” geklas-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa