Weg! Ry & Sleep

WAT JY MOET WEET

-

OP DIE ROETE Hoe lank is die roete? Soos die kraai vlieg is die afstand tussen Swakopmund en Duin 7 ongeveer 32 km. Die afstand kan egter dubbel so lank word omdat jy jou roete volgens die ligging van die duine moet aanpas. Kry ek ’n kaart? Nee. Bring ’n GPS om jou te help rigting hou. Die duine kan ’n mens lelik disoriënte­er. Moet ek ’n kompressor saamvat? Ja, en ’n banddrukme­ter. Kan ons langs die roete braai? Nee, maar jy kan iets eet en drink by Dune7 Adventures. Kan ek halfpad omdraai? Ja, jy kan feitlik enige plek uit die duine ry en op die B2-teerpad klim.

OM DIE ROETE Beste tyd om te gaan? Enige tyd van die jaar. Kan ek my gesin saamneem? Beslis. Net vir die dag of vir die naweek? Jy kan die roete in een dag doen, maar spandeer ’n naweek of langer in die gebied – daar is baie om te sien en doen. Is daar ablusieger­iewe? Nie in die duine self nie, maar wel by Daredevil Adventures buite Langstrand of Dune7 Adventures buite Walvisbaai. Naaste dorpe? Swakopmund, Langstrand en Walvisbaai.

HOE KOM EK DAAR? Die duine lê tussen Swakopmund en Walvisbaai.

VERBLYF Daar is hope verblyfops­ies in Swakopmund en Walvisbaai.

KONTAK Waar kry ek my permit? Permitte vir die duinstrook tussen Swakopmund en Walvisbaai is gratis. Kry dit by een van die volgende plekke: Departemen­t van omgewingsa­ke en toerisme, Swakopmund: Hoek van Bismarckst­raat en Sam Nujoma-rylaan, +264 64 404 576. Walvisbaai-kantoor: 643 Heinrich Baumannstr­aat,

+264 64 205 971/2. Desert Explorers (Swakopmund):

+264 64 406 096. Dare Devil Adventures (Langstrand):

+264 64 220 158. Dune7 Adventures (Walvisbaai): Johan

+264 81 626 1714, Louis +264 81 624 9665* Walvisbaai-toerismeka­ntoor: Hoek van Unionstraa­t en 5de Laan, +264 81 426 1200 of +264 81 1286 713.

Gids of hulp in ’n noodgeval: Werner Schaap

+264 815 695 876.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa