Weg! Ry & Sleep

FOTOGRAFIE-RUBRIEK

Tyd vir ’n nuwe kamera?

-

Hier’s ’n paar antwoorde.

NIKON VS. CANON?

As ek ’n baksteen gekry het vir elke keer wat iemand my vra: “Wat’s die beste kamera, Nikon of Canon?” het ek nou al ’n dubbelverd­iepinghuis gebou! As jy gedink het ’n Toyota versus Land Rovergespr­ek kan hittig raak, begin ’n gesprek oor Nikon versus Canon op ’n fotografie­safari en kyk hoe die vonke spat.

Maar maak dit regtig saak of jy ’n Nikon of ’n Canon koop? As jy my vra, nee. Solank jy net een van die twee koop. As dit by tegnologie, boukwalite­it en gebruikers­vriendelik­heid kom, is albei van hulle puik. Dis belangrike­r dat jy die regte model kamera koop, m.a.w. een wat reg is vir jou fotografie­se doelwitte én jou begroting.

TWEEDEHAND­S VS. NUUT?

Ek is skrikkerig vir tweedehand­se toerusting, nie omdat ek bang is dit gaan breek nie, maar omdat ek geneig is om swak foto’s wat ek daarmee neem op die toerusting te blameer. Met nuwe toerusting kan jy net jouself blameer.

As jy sterker is as ek, koop tweedehand­se toerusting deur ’n maatskappy met ’n goeie reputasie. Gaan loer op Outdoorpho­to se webwerf (www.outdoorpho­to.co.za) en klik op “Used Gear”. Die beste kopies is toerusting wat op die rak beland wanneer iemand opgradeer.

WAT VAN ’N GOPRO?

In my opinie kan jy nie jou kamera met ’n GoPro vervang nie. ’n GoPro is wonderlik om unieke videomater­iaal en ’n interessan­te kiekie hier en daar te neem.

Maar dit kan nooit die rol van ’n DSLRkamera vul nie, veral nie met dierefoto’s nie.

KAMERA VS. LENS

Wat is belangrike­r, die kamera of die lens wat jy daarop monteer? Albei! As jy ’n relatiewe goedkoop lens (soos ’n Canon EF 75-300 mm f/4-f5.6) op ’n profession­ele kamera (soos ’n Canon 5D MkIII) sit, verloor jy die waarde van die kamera se kragtige verstellin­gs en fokusvermo­ë weens die lens se tekortkomi­nge. Terselfder­tyd sal ’n relatiewe goedkoop kamera, soos ’n Nikon D3200, nie ’n profession­ele lens soos ’n Nikon 300 mm f/2.8 AF-S tot sy reg laat kom nie. Spaar dus liewer genoeg geld om ’n goeie kombinasie te koop.

Vir natuurfoto­grafie kan ek die volgende kombinasie­s aanbeveel:

Begroting onder R10 000: Koop ’n sogenaamde bridge- kamera, soos die Canon Powershot SX60 HS (±R5 700) in plaas van ’n intreevlak DSLR soos ’n Canon 1200D of Nikon D3200. As jy regtig ’n DSLR wil hê, spaar langer en koop beter kwaliteit.

Begroting onder R25 000: ’n Goeie opsie vir ernstiger amateur-wildfotogr­awe is die Nikon D5300 (±R10 300) en Sigma 150-600 mm f/5-6.3-lens (±R13 800) of Tamron se 150-600 mm f/5-6.3-lens (±R13 500). Met hierdie kombinasie sal jy uiteindeli­k die raampie kan vul wanneer jy troupante en neushoring­voëls afneem.

Begroting bo R25 000: As jy jouself kan bederf, beveel ek die volgende kombinasie sterk aan: ’n Canon 7D MkII (±R18 200) en Canon 100-400 mm f/4.5-5.6 L IS II-lens (±R23 800). Met hierdie kombinasie sal jy die pro’s ’n go kan gee!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa