Weg! Ry & Sleep

Tot siens, ou grote

-

Mense hou van stry, van die wieg tot in die graf. As dit nie is oor Nikon versus Canon nie, is dit Singer versus Elna. Hoover versus Electrolux. Black Label versus Amstel. iPhone versus Samsung. Of my groen kampeerysk­as versus jou bloue.

Julle het seker al agtergekom dat wanneer die naam “Land Rover” genoem word, mense se ore skielik begin spits.

Ons word gereeld beskuldig dat ons ’n “Toyota-tydskrif” is. Of ’n “Ford-tydskrif”. Of ’n “VW-tydskrif”. Of wat ook al op die voorblad of binne-in die laaste uitgawe verskyn het. Wel, maak jou reg vir die volgende verwyt: Ons is ’n Land Rovertydsk­rif! Want in hierdie uitgawe skryf ons nie een nie, maar twéé keer breedvoeri­g oor Land Rover Defenders.

Die een is die voertuig van Hannes Lochner, waarskynli­k een van die wêreld se voorste natuurfoto­grawe en ’n man wie se werk al in NationalGe­ographic Magazine verskyn het. Met ander woorde, hy’t met sy fotografie min of meer al bereik wat Charlize Theron in Hollywood reggekry het.

Sy ou Defender is ’n fassineren­de werktuig en ek glo jy moet ’n hart van klip en ’n uiters beperkte uitkyk op die lewe hê om nie met “Noa se Ark” beïndruk te wees nie. Min van ons leef tot twee jaar op ’n slag in tente in die Kalahari terwyl ons tot 100 000 km ver daar aflê vir ’n projek.

En jy’t gedink jou duine-trip Namib toe was rof.

As tjokker onthou ek my oupa John op sy plaas tussen Mariental en Maltahöhe in Namibië wat sy wit Land Rover Series III in die winter bestuur met ’n netjiese hemp, V-nek-trui, baadjie en hoed.

Op skool in Newcastle het my ouboet ’n vriend met die naam van Gideon Joubert. Gideon-hulle het van werskaf in die garage gehou. Een van hulle projekte was ’n Land Rover-stasiewa met ’n Ford V8 in. Een middag toe ons drie in daai Land Rover terugry dorp toe, het die Pointer Sisters se “Slow Hand” op die radio gespeel. Gideon het omgekyk na ons, “I’ve got a slow move on my mind” saamgesing en die outomaties­e ratkas luilekker teruggerat en vetgegee. As ek daai oomblik kon blik en verkoop!

Dan is daar Gerrie se amper emosionele padtoets van die Defender Heritage, die model wat die einde van die Defender-pad simbolisee­r. Lees daai storie en sê nou vir my dat jy nie net ’n tikkie hartseer is oor hierdie ikoniese voertuig wat ons finaal gegroet het nie.

Gepraat van groet, Gerrie het aangeskuif na ander uitdagings, maar hy gaan by WegRy betrokke bly deur steeds vir ons die toerusting­blaaie te skryf en projekbest­uurder van die Bull Run-byeenkoms te wees.

Wat die res van die tydskrif betref: Evan is agterpadla­ngs van die Kaap af tot kort duskant Colesberg. As jy ooit die tyd het, vermy die N1 met sy gekamoefle­erde spietkops, roekelose vragmotorb­estuurders en probeer dié roete.

Hy’t ook in die Oos-Vrystaat gaan rondkyk en so die eerste storie geskryf van die nuwe 4x4-roete in die Golden Gate Nasionale Park. En sommer ook ingeloer in Clarens en ’n paar ander plekke in die kontrei.

Doen my asb ’n guns. As jy hierdie tydskrif lees terwyl jy iewers rustig sit en ontspan, klink asseblief ’n glasie op die Land Rover Defender. Dit was ’n ware ou strydros.

Nou ja toe, maak vas die gordels. Hier gaat ons.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa