Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

-

WANNEER IS DIE BESTE TYD OM TE GAAN? Heel jaar, maar dit reën gewoonlik in die somer wat sommige roetes nogal uitdagend kan maak. HOEVEEL TYD HET EK NODIG? By Golden Gate en Moolmansho­ek het jy minstens ’n naweek vir elk nodig. Voeg ’n ekstra dag of twee by om Clarens te verken. WAAR KAN EK BLY? Daar is hope verblyfops­ies in Clarens, van gastehuise en selfsorg-eenhede tot hotelle. Besoek www.safarinow.com/Clarens. In die Golden Gate Nasionale Park is daar ook verskeie opsies. In die Glen Reenen-ruskamp kos dit tussen R200 en R235 per kampplek vir twee mense en R82 ekstra per persoon tot en met 6 mense. Hier is ook familiehui­se, plaashuise en rondawels wat twee tot ses mense huisves teen ’n basistarie­f van R800 tot R1615 per nag. ’n Rondawel in die Basoetoeku­ltuurdorpi­e is R810 per nag. ’n Houthuis in die Highlands Mountain Retreat kos tussen R1300 en R2475 per nag (basistarie­f). Besoek www. sanparks.org/parks/golden_gate. Verblyf in Moolmansho­ek se gastehuis kos tussen R800 en R1 310 per persoon per nag, ontbyt en aandete ingesluit. Om op hulle informele kampterrei­n (nie woonwa- vriendelik nie, slegs boswaens en tente) te kampeer kos R100 per persoon. Let wel, as jy kamp het jy nie toegang tot die openbare ruimtes by die lodge nie. Vir al die bogenoemde is daar ’n eenmalige bewaringst­arief van R75 per persoon. Kontak 051 933 2220 / 3729, info@moolmansho­ek.co.za, www.moolmansho­ek.co.za. By Di Bus Stop het vier hutte en ’n plaashuis. Verblyf is tussen R190 en R290 per persoon per nag. Om te kampeer kos R125 per persoon per nag en daar is ook ’n 4x4-boskamp waar jy (heeltemal selfversor­gend met geen geriewe) vir R75 per nag kan kamp. Kontak 082 396 7595,

info@dibusstop.co.za of www.dibusstop.co.za. HOEVEEL KOS DIE ROETES? Om saam met Will of Africa in Golden Gate te ry kos R850 per persoon per dag. Die prys sluit jou kos, kampering, gidse, radio’s en toergidse op die roete in. Die pakket is vir ’n naweek in die park en sluit drie verskillen­de roetes in (graad 2 tot graad 4). Maksimum 10 voertuie. Kontak: info@willofafri­ca.co.za of www.willofafri­ca.co.za. By Moolmansho­ek is die roetes slegs oop vir gaste op die plaas. Die Kiepersol- en Langesnekr­oetes kos R250 per voertuig en die Kloofroete R300 per voertuig. Minimum vier voertuie per groep. Die roete by Di Bus Stop kos R250 per voertuig en is ’n graad 2 tot 3. Dit neem sowat ’n uur en ’n half tot twee uur om te voltooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa