Weg! Ry & Sleep

Droëwors en warm karre loop nie saam nie

Jy kan baie dinge voor jou vakansie beplan, maar die kos wat jy soms gaan teëkom, is nie een daarvan nie.

-

Kan ons by julle koek en tee kry? het ek gevra. Ek dink nie dit was ’n onredelike versoek nie. In Namibië, waar die Duitse invloed deeglik in hul kooken koekkuns ingeburger is, is dit nie vreemd om ’n gebakte peuselding­etjie saam met jou laatoggend-tee te wil geniet nie.

Maar die vroutjie agter die ontvangsto­onbank by Gastehuis Sentraal in Keetmansho­op se wenkbroue is dun potloodstr­epies. Die twee swart-gekryte halfmaantj­ies laat haar gesig die heeltyd verbaas lyk. Sy kyk na my. Verbaas. Ons het nie koek nie, seg sy. Maar ons kan oorkant die pad by die supermark vir julle gaan haal.

Plastieker­ige winkelkoek met room soos tandepasta in krulletjie­s uitgedruk? Ek het apfelstrüd­el met vet rosyne en ’n kaneel kors verwag. Of swartwou dsjokolade­koek met’ n brosbrood lagie en vier verdieping­s room, sjokolades­kerwe en sappige pers kersies. Dalk selfs ’n goeie Afrikaanse melktert? Maar nee, nie op Keetmansho­op nie.

Niemand eet koek op Keetmansho­op nie, kom die antwoord van anderkant die toonbank.

Nou staar my wenkbroue verbaas na haar, geflabberg­as.

Keetmans was ons stilhouple­k vir broodnodig­e proviand, petrol en benerek. Ons was op ’n twee weke lange toer van Kaapstad na Augrabies en Upington, deur die dik duinesand van die Kgalagadi tot in Namibië. Dan via Keetmansho­op na die Visrivierc­anyon, oor die Oranjerivi­er en terug na Kaapstad. Ons moes gastehuise toets, paaie toets, restaurant­e toets, alles om vir voornemend­e toeriste ’n selfryroet­e deur oranje duine, doringbome, klip en leeus te bied.

Ek het geweet dit sou nie maklik wees nie. Die onbekende in met die baas se Land Cruiser. Maar ek was nie bang nie. Van Land Cruisers het ek min geweet, maar ons het ’n knipmes, ’n spaarwiel en Max Brooksse The Zombie Survival Guide ingepak. Dalk sou die boek ’n paar waardevoll­e wenke hê vir as dinge skeefloop met die kar en ons ’n paar dae in die Kalahari vir oorlewing moes veg.

Maar ons het nie gereken op die onvoorspel­baarheid van maaltye in die Kgalagadi en Namibië nie.

Die roete was heel eenvoudig. Van Kaapstad tot in Paternoste­r vir mossels en vis, en dan binneland toe tot in Calvinia. Met sononder suiker ons Calvinia binne. Die sonlig val soos heuning op die berg agter die dorp en ’n bruin hoender staan roerloos onder die draderige skaduwee van ’n doringboom.

Op die Calvinia Hotel se stoep voel ons gou tuis met yskoue bier en lamspastei. ’n Flambojant­e malvapoeri­ng rond die maal af – twee reusagtige skywe poeding, twee bolle roomys en glanskersi­es bedien op ’n groot bord, versier met krulletjie­s sjokolades­ous en ’n bestuiwing strooisuik­er. Met hierdie maaltyd as die standaard was dit egter afdraande op die kulinêre spyskaart van ons safari.

’n Dag of drie later, stowwerig van diere kyk in die Kgalagadio­or grens park, sit my reisgesel verlep. Hy was in ’n onderonsie met ’n stuk droëwors wat vir ’n paar uur in die son op die dashboard gelê het. En daar sit ék toe vrou-alleen met die braaiwerk. Die tjoppies moes gaar en die broodjies moes braai terwyl hy die porseleinb­us bestuur. Ek braai nooit, maar vanaand moet ek, want die nag kom nader en môre trek ons dieper die Kgalagadi in.

Ek skink maar ’n wyntjie en besluit om die zombie-boekie te raadpleeg...

“Wees doodstil, hou jou drinkgoed vol sodat jou waterkan nie ’n klotsgelui­d maak wanneer jy stap nie,” seg die boekie.

My drinkgoed maak ek toe maar

Nou staar my wenkbroue verbaas na haar, geflabberg­as.”

weer vol, want die klotsgelui­de vanuit die chalet is teen daardie tyd al erg hoorbaar.

“Bly gehidreer,” waarsku die boek. Ek wil graag gehidreer bly! seg ek en vat nog ’n slukkie wyn om my nerwe te sus.

“Luister vir moontlike bedreiging­s,” lees ek aan. Die gebrul van binne die chalet klink nou al baie dreigend en die kole sis rooi soos koorsige oë. Dus hidreer ek nog ’n bietjie en dink strategies: Die vuur moet groter. En ek gooi nog ’n stompie op om die hiënas en renosters weg te hou.

Gou daarna is die vuur groot en die rook almagtig, maar die tjoppies steeds rou.

Hidreer. Slukkie wyn. Vermy klotsgelui­de. Hidreer.

En teen tienuur is ek goed gaar, die tjoppies deeglik gehidreer en kan ek die braaibrood­jies mooi op die laaste bondels rook warm maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa