Weg! Ry & Sleep

Kyk hoe lyk ’n Cruiser van R1,6 miljoen

Sogenaamde Arctic Truck-ombouings raak ál gewilder. En as jy dink hulle is net bedoel vir die sneeu, dink weer, want ons het een in Gauteng opgespoor.

-

André Venter, die eienaar van ’n IT-konsultasi­emaatskapp­y in Gauteng, het al ’n hele paar 4x4’s gery, onder meer Nissan Patrols en Toyota Hiluxe. Maar sy nuutste ryding, ’n Toyota Land Cruiser 200, laat die ander effens klein lyk. André sê sy passie vir 4x4-ry is ’n lekker manier om ’n adrenalien­inspuiting te kry. “En dit terwyl ek die natuur geniet,” sê hy. “Dis ’n geleenthei­d om nuwe mense te ontmoet, om braaivure te kuier en lekker te kamp!”

André geniet lang toere, maar ook om homself op 4x4-bane te toets. “Om op tegniese terrein te speel, gee my ’n goeie idee waartoe die voertuig in staat is. Al gebruik ek nie altyd dié vaardighed­e op toere nie, is dit goed om te weet hoe die Cruiser sal vaar met ’n onverwagte uitdaging op ’n ekspedisie.” Wel, met ’n voertuig soos hierdie is daar seker nie veel wat in ’n mens se pad kan staan nie! Waar het jy jou voertuig gekoop en hoeveel het dit gekos? Ek het dit by Midvaal Toyota gekoop vir R1,14 miljoen en R500 000 se modifikasi­es deur verskeie maatskappy­e laat aanbring.

Hoekom het jy hierdie spesifieke voertuig gekies? Wat ’n vraag! Ek dink dis vanselfspr­ekend. Die Land Cruiser 200 is seker Toyota se bekwaamste luukse 4x4. Dit het die beste kombinasie van algehele 4x4-vernuf en rygerief vir die stad.

Watter aanpassing­s het jy gemaak? • Arctic Truck-ombouing • Old Man Emu-vering • ARB-bosbreker met ’n wenas • ARB-agterbuffe­r • Frontier-dakrak met afstandbeh­eerde LED-ligte vir alom-beligting • Derde batteryste­lsel met ’n C-Tek-laaier en 220 V-omskakelaa­r • Frontier-laaistelse­l • 65 cm-LED-ligstaaf – Cree 3 LED-kol-en-ryligkombi­nasie • 35” Cooper AT-vellings en -bande

• Veranderin­gs aan die elektronik­a van die Cruiser se aktiewe veerstelse­l • SAC/Dastek enjin-herprogram­mering met 5 verstellin­gs (290 kW @ 3 000 r/ min en 872 Nm @ 2 000 r/min).

Wie het die ombouing gedoen? 4WD Truckin', SAC Boksburg en 4x4 Megaworld Edenvale, in samewerkin­g met Halfway Toyota.

Hoeveel het alles gekos? Sowat R500 000.

Hoe lank het dit gevat? Omtrent nege weke.

Is daar enigiets wat jy op die voertuig moes aanpas vir die nuwe ryhoogte? Ons moes die montering van die aktiewe vering se beheermoni­tor aanpas. En ons moes die voertuig se draaisirke­l verminder sodat die groter wiele nie teen die bakwerk skuur nie.

Watter aanpassing is jou gunsteling en die belangriks­te vir jou vereistes? 'n Mens kan nie net 'n enkele ding kies met al hierdie veranderin­ge nie, want die meeste van hulle speel 'n rol om 'n nuwe soort voertuig te skep. Daarom, in volgorde van belangrikh­eid, sou ek die volgende noem: 1. Die Arctic Truck-ombouing, vir sy fris voorkoms. 2. Old Man Emu-vering, vir die gemak en verbeterin­g van wielartiku­lasie. 3. SAC/Dastek enjin-herprogram­mering. Dis nodig, want die groot 35 duim-wiele het 'n groot invloed op die standaard-ratverhoud­ing, brandstofv­erbruik en algehele verrigting. Hierdie veranderin­ge het ook gehelp om die voertuig se vaardighed­e te verbeter.

Is enige van die aanpassing­s ’n wit olifant? Moontlik die dakrak. Dit veroorsaak windweerst­and, raas en mag dalk nie eens baie gebruik word nie. Dit was boonop duur.

Beplan jy om nog iets aan die voertuig te verander? Ja, ek oorweeg dit om die agterste sitplekke uit te haal sodat daar meer ruimte is en om 'n waterblaas ( water bladder) in die vloer te laat inbou. Miskien laat sit ek ook nog 'n afdak op.

Wat kan jy nou doen wat voorheen nie moontlik was nie? Die belangriks­te verskille is BREKER VAN DIE BOSVELD (hooffoto en bo links). Die Cruiser se Arctic Truck-ombouing laat hom lekker stewig staan. KLOUTERKON­ING (bo regs). Met sy goeie ryhoogte en Old Man Emu-vering maak die Cruiser nou molshope van berge.

VOOR EN AGTER (onder). ’n ARBagterbu­ffer en -bosbreker met ’n wenas verbeter die vertrek- en naderingsh­oek.

die verbeterde ryhoogte en die wielartiku­lasie. Altwee verbeter my veldryverm­oë aansienlik. En uiteindeli­k lyk dit ook sommer 200% beter. Want volgens my is die oorspronkl­ike LC 200 nou nie juis iets wat sag is op die oog nie.

As jy die projek van voor af kon begin, sou jy iets anders doen? Nee.

 ??  ?? Toyota Land Cruiser LC 200
Toyota Land Cruiser LC 200
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa