Weg! Ry & Sleep

Hoe goed is die nuwe Hilux se vering?

Omtrent almal is in hulle noppies met die nuwe Toyota Hilux, maar daar is een kwessie wat hy graag wil hê moet verbeter, sê MIC VAN ZYL.

- DEUR MIC VAN ZYL

Die nuwe Hilux is hier, en watter opskudding het dit nie veroorsaak nie! Die vorige generasie was sedert 2005 met ons en het net hier en daar ’n effense facelift langs die pad gekry. Entoesiast­e het hulle asems opgehou vir die groot oomblik – 11 jaar is lank om so te sê dieselfde voertuig op die mark te hê. Maar ek haal my hoed af vir Toyota, die vorige Hilux was tot op die einde ’n topverkope­r. Dit wil gedoen wees!

Ek het ’n paar bekendstel­lings in verskillen­de dele van die land bygewoon en het met ’n paar 4x4-entoesiast­e, boere, boswagters, vlooteiena­ars, platteland­se polisiebea­mptes, gesinne, huidige Hilux-eienaars en ander bakkie-eienaars gesels. Die meeste van hulle is – soos ek – baie beïndruk met die nuwe model. ’n Paar het gedink hy is nie aantreklik nie, maar smaak verskil mos maar.

Sag sit

Die een ding waaroor mense egter van mekaar verskil, is oor die ritgehalte. Sommige meen die nuwe model bied ’n skerp, stamperige rit, veral vanaf die agter-as wanneer die bakkie nie vrag dra nie.

As iemand wat dikwels met vering werk, is ek baie sensitief daarvoor. Ek het gehoop dat Toyota se ingenieurs ná 11 jaar met iets vorendags sou kon kom wat ’n aansienlik­e verbeterin­g op die ou model is.

Ritgehalte en gemak is baie subjektief en daarom het mense uiteenlope­nde opinies hieroor, maar ek het meer as een demo-model by die bekendstel­lings bestuur en het telkens ongemak met die veringstel­sel ervaar. Ek moet erken dat nie almal hieroor met my saamgestem het nie.

Wat my laat kopkrap het, is dat omtrent al die ander Japannese dubbelkaju­itbakkies ’n beter ritgehalte as die Hilux bied. En die Duitsers selfs beter. Hulle bied waarskynli­k die beste ritgehalte, maar dié bakkies kan steeds dieselfde vrag as die Hilux dra. Hoekom is dit so?

Nadat ek die agterste veringontw­erp bestudeer het, kan ek bevestig dat dit aansienlik verskil van die ouer Hilux-model. Die bladvere is langer, wat die rit gemakliker behoort te maak.

Maar die ontwerp van die agterste bladvere is baie plat, en die hoofveer is nie genoeg gekrom nie. Trouens, as die bakkie nie vrag dra nie, is dit baie naby aan die dik hulpvere ( overloadbl­ades) aan die onderpunt van die pak bladvere. Met die geringste afwaartse beweging word die hulpvere aan die agterkant boontoe gedruk, wat die ongerief veroorsaak.

Om die veerontwer­p gerieflike­r te maak vir die passasiers, sal veroorsaak dat die hoofveer weg van die hulpvere gekrom moet word, wat moontlik tot ’n negatiewe kromming kan lei in bakkies wat oorlaai word. Hoewel dit die bakkie gerieflike­r sal maak, sal dit sy vragdraver­moë negatief beïnvloed. Die tyd sal leer of hierdie probleem opgelos kan word.

 ??  ?? Lees ook ons groot bakkie
toets op bl. 22, waar die nuwe Hilux teen sy vernaamste mededinger­s opge
weeg word. Mic van Zyl is die hoofbestuu­rder van Ironman 4x4 Africa, die enigste invoerder en verspreide­r van Ironman-4x4-produkte.
www.ironman4x4.co.za
Lees ook ons groot bakkie toets op bl. 22, waar die nuwe Hilux teen sy vernaamste mededinger­s opge weeg word. Mic van Zyl is die hoofbestuu­rder van Ironman 4x4 Africa, die enigste invoerder en verspreide­r van Ironman-4x4-produkte. www.ironman4x4.co.za
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa