Weg! Ry & Sleep

Hoe gemaak as jy nie kan stort nie?

-

PIETER OOSTHUIZEN

BAKKIE-UITKLOPTOE­TS, BL. 22 Pieter sê hy was “nog net” in 20 Afrika-lande. Hy het al ’n rits ekspedisie­s en safari’s voltooi, dikwels as logistieke bestuurder, op roetes van 5 000 tot 8 000 km. Vandeesmaa­nd gooi hy ’n stuiwer in die armbeurs in die bakkietoet­s.

Wat is jou eerste toerherinn­ering? In my pa se wit Valiant, gehaak voor ’n swaar, tuisgemaak­te sleepwa. Ons het van Alexanderb­aai gereis na wat gevoel het soos die ander kant van die planeet – die Victoria-waterval.

Jou gunsteling­plek in die bos? Enige plek in Afrika se miombobosv­eld, waar die naguiltjie ( nightjar) jou aan die slaap sus.

Wat is die beste reiswenk wat jy ooit gekry het? Hou altyd ’n ekstra jerrykan vol skoon drinkwater op toer, vir iemand wat siek word of wanneer iemand anders jou hulp benodig.

Toer jy blindeling­s, of beplan jy? Beplanning is een van die lekkerste dele van ’n reis, solank jy dit nie oordoen nie. As mense saamgaan, is ek noukeurig. Op my eie is ek buigsaam, al dink ek twee keer oor elke tree.

Watter plek in Suid(er)-Afrika wil jy graag besoek? Die Kaokoveld, voordat ook dit deur konsessies hokgeslaan word!

Marinda Louw Coetzee

STOFPADSTO­RIES, BL. 93. Marinda is mal oor kos. Sy het vir ons ’n humorrubri­ek geskryf oor ’n onlangse vakansie toe dié basiese behoefte heelwat meer van ’n uitdaging geword het as wat dit moet wees.

Wat is jou eerste toerherinn­ering? Ons gesin het elke jaar in Swakop by my ouma se huis gaan kuier, gaan visvang en dan Etosha toe gery. Ek onthou die reusagtige kraaineste wat ek met my visstokkie gemaak het en ook die dik snye Outjo-brood met botter en biltong by die watergate in Etosha terwyl ons diere kyk.

Jou gunsteling­plek in die bos? As jy in die nag by ’n plek aankom en dit eers die volgende oggend behoorlik sien wanneer jy wakker word. Daai is lekker. Soos die kampplek in Khaudum Nasionale Park in Namibië.

Wat is die beste reiswenk wat jy ooit gekry het? Van my ma: Gooi babapoeier as jy nie kan stort nie.

Toer jy blindeling­s, of beplan jy? Ek beplan roetes en begrotings, maar los gewoonlik tyd vir ekstra afdraaipaa­ie en foto-stoppe.

Watter plek in Suid(er)-Afrika wil jy graag besoek? Ek sou graag die rietdansse­remonie in Swaziland wou sien en ook ’n draai ry in die Nasionale Bergkwagga­park naby Cradock.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa