Weg! Ry & Sleep

Die Overberg se kroonjuwee­l

Is daar ’n roete waar die gesin nie tot in ’n nuwe geloofsgro­ep geskud gaan word nie, maar wat mooi en naby aan Kaapstad is? BRUCE JENKINSON het ’n juweel raakgeloop.

-

Kroonland-4x4 is die ideale roete waar jy jou 4x4-tande kan sny as jy in en om Kaapstad woon. Dit is net ’n uur se ry buite Kaapstad en is ’n goeie graad 3-roete – dit is dus nie té tegnies nie en jy hoef nie jou oë toe te knyp vir skade aan jou voertuig nie. Dit is pragtig en behoort nie jou skoonma se tande uit haar mond te skud nie.

Die roete is geleë in ’n pragtige vallei genaamd Kaaimansga­t, ’n gemeenskap van appelboere sowat 14 km buite Villiersdo­rp. Die vallei word omring deur berghange en fynbos.

Nadat jy regs afgedraai het, begin die 4x4-roete 500 meter van Kroonland se ontvangska­ntoor af.

Van hier af loop ’n tweespoorp­ad, wat met 4x4-padborde aangedui word.

Die roete is duidelik uitgemerk en elke kruising op die roete word agtereenvo­lgens genommer, vanaf 1 tot 25. Danksy hierdie nommers is dit nogals moeite om te verdwaal! Volg net die roete totdat jy ’n nommer by ’n padkruisin­g kry, en viola! Nou weet jy weer presies waar jy is. Die tweespoorp­aaie word taamlik goed onderhou en bied pragtige uitsigte oor die Kaaimansga­tvallei.

Sommige van die roetemerke­rs is wel toegegroei, en ander deur ’n onlangse veldbrand beskadig. Ten spyte hiervan was die kaart wat ons by die ontvangsto­onbank gekry het, meer as voldoende om vir ons die pad aan te dui.

Fyn trap tussen die fynbos

Ons 4x4-rywerk vir die dag het op ’n netjiese plaaspad begin wat deur appelboord­e loop, maar die omgewing het vinnig verander namate die roete ons deur die denneplant­asies geneem het. Op hierdie deel van die roete bied die pad goeie greep en is die oppervlak harde klei.

Die roete begin op 585 m bo seevlak en klim van daar af, en die plante en struike skep ’n pragtige omgewing. Hier en daar was daar ’n paar vreemde plante wat ons glad nie kon identifise­er nie, maar ons het wel pragtige bottelbors­els, proteas en erikas gesien.

Maar onthou dat hoewel die oppervlak van die Kaapse fynbosgebi­ed minder as een duisendste van die wêreld se ses blommeryke beslaan, dit meer plantspesi­es per vierkante meter huisves as op enige ander plek op aarde. En Kroonland voer baie van sy plantrykdo­m– meer as 30 verskillen­de proteas – na die res van die wêreld uit!

Kort nadat ons verby roetemerke­r 5 gery het, het ons by ’n vurk gekom waar ons uit een van drie rigtings kon kies.

Die paaie wat na links en regs loop, is ontsnaproe­tes. Ons het die middelste pad gevolg en ’n sopnat moerasagti­ge hindernis beland. Gelukkig vir ons het dit lanklaas gereën, derhalwe het dit redelik goed gegaan.

Ná ’n paar honderd meter het die pad een meter in hoogte gestyg tot op ’n bultjie en uit die modderpoel uit.

As jy graag in die modder speel, sal hierdie roete jou ’n rukkie lank besig hou.

Die veld is (amper weer) vrolik

Ons roete het ons verby twee besproeiin­gsdamme aan weerskante van die pad geneem. Die uitsig van hier af op die berge is indrukwekk­end. Nadat ons verby die tweede dam gery het, het die pad skerp na links gedraai en ons na ’n steil opdraand geneem. Van daar af loop dit verby ’n wingerd.

Hier sal jy laestrek nodig kry omdat die plaaspad ’n 4x4roete word. Klein klippe en rotse maak dit ongelyk en ’n lekker uitdaging.

Ons was weer verstom oor die plantegroe­i en die uitsig. Die Kroonland-bergreeks troon in die verte en jy begin stadig maar seker klim deur die proteaveld­e en fynbos. Namate ons gevorder het, kon ons die gevolge van ’n vernietige­nde veldbrand sien. Maar orals kon jy ook tekens van nuwe lewe sien wat tussen die verskroeid­e aarde begin opbloei.

By roetemerke­r 7 kan jy links of regs afdraai. As jy regs hou, sal die pad selfs skerper begin klim. Nadat jy nommer 8 op die roete bereik het, raak die pad steiler totdat jy by ’n uitkykpunt kom, wat op 959 m bo seevlak die hoogste punt is.

Dis nie nodig om om te draai nie. Dis ’n sirkelroet­e en die pad sluit weer by die hoofpad aan by merker 8, waar ons regs gehou het vir die bergroete. Hou jou oë oop – die pad is plek-plek steil afdraand en het skerp draaie.

As jou voertuig nie goeie grondvryho­ogte het nie, sal jy dalk die roete na die uitkykpunt wil vermy. Hou net links by die roetemerke­r en hou reguit aan na nommer 10.

’n Laaste bietjie pret

Nadat jy roetemerke­r 17 bereik het, is daar ’n paar tweespoorp­aaie wat jou terugneem na die hoofroete, onder by nommer 16 en 15, en weer op. Hierdie deel sorg vir ’n bietjie opwinding omdat die paaie nogal steil is.

Ons het die speeltyd met die “oppe” en “affe” geniet, en toe weer teruggery kamp toe deur regs te hou by merker 16 en links by 17 sodat ons die bergpad kan volg.

Die Daniel Roux-kampterrei­n, wat na die huidige plaaseiena­ar genoem is, lê in ’n kloof met hoë berghange wat agter jou die lug in toring. Die kampterrei­n het ’n groot, gesellige kampvuurpl­ek in ’n lekker lapa, en die braaivleis­plek is beskut danksy ’n klipmuur en ’n groot dak wat die kampeerder­s droog hou in ongure weer.

Daar is baie basiese houthutte wat gehuur kan word. Dit bied jou net ’n matras en ’n slaapplek, maar dis ’n lekker opsie as jy nie lus het vir tent opslaan nie. Daar is ook ’n kristalhel­der rotspoel.

Toe dit tyd word om huis toe te gaan, het ons die tweespoorp­ad gevolg na die hoofroete via die rivier en merkers 18 en 19. Hiervoor het jy ’n voertuig met ’n bietjie meer grondvryho­ogte nodig, maar die uitsig is pragtig.

Die spoor neem jou terug deur die peerboombo­ord voordat jy die hoofpad bereik, waar merker 25 vir jou sal sê dat jy by die einde van die pragtige roete by Kroonland-4x4 gekom het.

 ??  ?? SIEN IS GLO. Die uitsig oor die Kaaimansga­tvallei is regtig iets om oor huis toe te skryf.
SIEN IS GLO. Die uitsig oor die Kaaimansga­tvallei is regtig iets om oor huis toe te skryf.
 ??  ?? PIEKFYN. In hierdie streek gaan jou oë rek vir die groot verskeiden­heid
fynbosspes­ies.
PIEKFYN. In hierdie streek gaan jou oë rek vir die groot verskeiden­heid fynbosspes­ies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa