Weg! Ry & Sleep

Bakkies, botsings en bredies

-

Soos julle seker al agtergekom het, is die winter hier. En vandeesmaa­nd het ons nét die regte ding om julle lekker warm te maak. En nee, dis nie Lise Beyers se watertand-bredierese­pte nie, dis ’n groot bakkie-groepstoet­s. Een waarin ons spesifiek kyk hoe goed die nuwe Hilux met die bestaande bakkies vergelyk.

Want kom ons wees eerlik, die koms van ’n nuwe bakkie, veral ’n nuwe Hilux, is een van daai dinge wat omtrent net soveel opspraak verwek soos die keuse van ’n nuwe Springbok-afrigter (dié is toe sommer ook onlangs uitgesorte­er en die ouens stry net so hard daaroor as oor die nuwe Hilux).

Ek skryf al 16 jaar lank oor rygoed en het in daardie tyd geleer dat ons die volgende reaksies gaan uitlok: Mense gaan kwaad wees, mense gaan bly wees, mense gaan ingenome wees, mense gaan ons slegsê, en hier en daar gaan iemand dink: “Gmf, hulle het nogal moeite gedoen.”

Kyk, ’n ryding is ’n peroonlike ding en as jy iemand se wa durf kritiseer, kan jy net sowel sy hele familie vir ’n spul dronkaards uitskel. Jy kan eenvoudig nooit almal tevrede stel nie.

Sommige lesers sal wil weet waarom ons nie die Nissan Navara en Mitsubishi Triton ingesluit het nie. Dis eenvoudig: Hulle word later vanjaar met nuwe modelle vervang. Dit sou dus geen praktiese sin gehad het om hulle in te sluit nie.

Boonop sou ’n toets met ses bakkies meer logistieke kopsere besorg het as een met vier. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die Ford Ranger wat ’n paar dae voordat ons hom sou ontvang deur iemand van ’n ander publikasie beskadig is. Soos daar vir my oor die foon gesê is: “One can still drive it, but you won’t be able to photograph it anymore.”

Gelukkig het iemand by hoofkantoo­r in Pretoria vir ons haar persoonlik­e bakkie afgestuur Kaap toe. Totdat daardie bakkie uiteindeli­k by ons afgelewer is, het ons ’n paar benoude dae beleef.

Ons is altyd trots op die gehalte van ons reisstorie­s en vandeesmaa­nd is geen uitsonderi­ng nie. Daar is die tweede en laaste aflewering van Evan se reis oor Suid-Afrika se breedte, asook sy reis deur die Namib, van Solitaire tot in Walvisbaai. En dan het Charles die beroemde Koos se Klip by Moegatle gaan ervaar. Ek het nog nooit Koos se Klip gery nie, maar nadat ek na video’s daarvan op YouTube gekyk het, wonder ek of ek dit wil doen. Veral as dit met my eie bakkie is. Netnou sit ek ’n voet skeef en die bakkie lyk soos ’n platkar.

Vandeesmaa­nd is ek oudergewoo­nte trots op ons gebruiklik­e puik praktiese raad in die Aktueel-afdeling. Op bl.16 kan julle lees van die raad wat Charles by kenners gaan kry het oor wat jou te doen staan as jy ’n ongeluk in ’n verafgeleë plek teëkom. Of, nog erger, self in een betrokke is.

Mense hou nie daarvan om oor sulke dinge te praat nie, so asof dit sal keer dat dit gebeur. Maar as jy dink die belangriks­te ding is om te weet hoe om jou 4x4 uit ’n gat uit te kry, het jy nog nie op ’n ongeluksto­neel afgekom nie.

Gelukkig sluit ons darem af met ’n vermaaklik­e rubriek oor kos op die langpad, en hoe dinge kan skeefloop as jy honger is. Want daar is mos net een soort mens wat moeiliker is as iemand wat blind is van die honger, en dis iemand wat glo dat sy bakkie beledig is.

Nouja toe, maak vas die gordels. Hier gaat ons.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa