Weg! Ry & Sleep

14 kompressor­s in die kryt

Daar is deesdae ’n magdom kompressor­s om van te kies. Maar hoe verskil hulle verrigting van mekaar? En is duurder noodwendig beter? Ons het 14 kompressor­s teen mekaar getoets om daai vraag te beantwoord.

-

As jy sommige ouens moet glo, is al wat jy regtig vir die veld nodig het, ’n stewige kinetiese tou, ’n hoogligdom­krag en ’n goeie dosis waagmoed. Maar iets wat baie min mense besef, is dat ’n kompressor een van die belangriks­te stukke veiligheid­stoerustin­g is wat jy kan inlaai. Want die regte banddruk het die grootste enkele invloed op jou voertuig se vastrapver­moë.

1. MOTOQUIP 35 L

Hierdie is loshande die kleinste kompressor wat ons getoets het. Dit is nie werklik geskik vir veldryband­e nie, maar net om te wys watter groot verskil ’n regte kompressor maak, het ons dit by die toets ingesluit. Vloei-tempo:

35 liter per minuut 0,8-1 bar: 0:25 1,5 bar: 2:01 1,8 bar: 3:10 2 bar: 3:51 2,5 bar: 5:50

Prys: R799

Kontak: Safari Centre (Kaapstad) 021 595 3910; of enige Midas, Makro, Autozone of Autoquip.

2. VIAIR 88 P

Dit is ’n Amerikaans­e maatskappy wat ’n wye reeks kompressor­s vervaardig en elke kompressor noem volgens die maksimum grootte band wat dit kan oppomp. Hierdie 88P kan alles tot ’n 33 duim-band oppomp. Vloei-tempo:

42 liter per minuut 0,8-1 bar: 0:13 1,5 bar: 1:00 1,8 bar: 1:25 2 bar: 1:45 2,5 bar: 2:43

Prys: R1 899

Kontak: Safari Centre Kaapstad 021 595 3910; Safari Centre Menlyn 012 348 3253.

3. T-MAX 72L

T-Max is een van daardie name wat sinoniem is met kompressor­s en ander veldrytoer­usting ook. Hierdie geel meneer se 72 literweerg­awe het nie die beste gevaar nie, maar ook glad nie die swakste nie.

Vloei-tempo:

72 liter per minuut 0,8-1 bar: 0:15 1,5 bar: 0:57 1,8 bar: 1:25 2 bar: 1:43 2,5 bar: 2:32

Prys: R1 495

Kontak: 4x4 Megaworld 011 454 2875

4. ROUGHROUG GH & TOUGH 72 72LL

Rough & Tough is ’n reeks wat eers onlangs op die mark verskynsky­n het. Die kleinste een se verrigting is die swaksteste van die 72 literkompr­essors,, maar sy prys maak op vir die paar sekon-sekondes wat jyy langer sal wag.

Vloei-tempo: empo:

72 liter per minuut 0,8-1 bar:r: 0:17 1,5 bar: 1:00 1,8 bar: 1:27 2 bar: 1:52 2,5 bar: 2:37

Prys: R899

Kontak: Safari Centre Kaapstad 021 595 3910; Safari Centre Menlyn

012 348 3253.

5. IRONMAN 72 L

NiemandN sal jou kwalik neem asa jy verbverbaa­s is om te hoor Ironmanman vervaverva­ardig ook kompressor­sors nie. ( Hulle vervaardig selfs visstokke!) Nes hulle veringstel­sels nonog altyd is, glo hierdie Aussiessie­sAussA ddat ’n ding duursaam moetetmoem weewees en kan werk. Vloei-tempo:Vloe ei-tem

72 lliter per minuut 0,80 1 bar: 0:10 11,55 bbar: 00:52 1,8 bbar: 1:19 2 babar: 1:39 2,5 bbar: 2:29

Prys:Pry R2 095

Kontak:Kon 1st Outdoor & 4x4 0202121 948 2748 (Kaapstad); IronmIronm­anman 011 634 7770 (landlandwy­d)

6. TRAILBOSS 72 L

Nog een in ’n lang ry van feitlik identiese kompressor­s waarvan net die plakkers verskil. Trailboss is Outdoor Warehouse se handelsmer­k. Sy verrigting steek nie af nie, en hy kos ook nie ’n plaas se prys nie. Vloei-tempo:

72 liter per minuut 0,8-1 bar: 0:12 1,5 bar: 0:53 1,8 bar: 1:25 2 bar: 1:42 2,5 bar: 2:34

Prys: R1 200

Kontak: Outdoor Warehouse 0800 007 261

7. OPPOSITE LOCK 72 L

Opposite Lock het in die paar jaar wat hulle in die land is, al groot naam gemaak. ’n Nuwe verwikkeli­ng vir hulle is dat hulle voortaan hulle eie reeks herwinning­stoerustin­g en bybehore gaan verkoop, en nie meer die Mean Greenhande­lsmerk nie. Dit gesê, vaar hulle 72 liter-kompressor die beste van die lot.

Vloei-tempo:

72 liter per minuut 0,8-1 bar: 0:09 1,5 bar: 0:44 1,8 bar: 1:10 2 bar: 1:29 2,5 bar: 2:19

Prys: R1 295

Kontak: Opposite Lock 011 697 0001

8. ARB CKMP12

ARB het ’n reputasie as ’n handelsmer­k wat fokus op gehalte en funksional­iteit. Hierdie kompressor het meer funksies as enige ander kompressor: Hy hou op pomp as jy hom van die bandklep afhaal, en jy kan ’n klep koop waarmee jy die lugvloei met die hand kan reguleer.

Vloei-tempo:

87,2 liter per minuut 0,8-1 bar: 0:10 1,5 bar: 0:42 1,8 bar: 1:03 2 bar: 1:16 2,5 bar: 1:54

Prys: R4 945

Kontak: 4x4 Megaworld 011 454 2875

9. ROUGH & TOUGH 110 L

Hierdie reeks se middelbroe­r vaarv bietjie beter as die kleiner een, en as jy na die prys kyk, kan jy net sowel oorweeg om so een te koop as jy dit vergelykv met van die ander handelsmer­ke se kleiner modelle.

Vloei-tempo:

110 liter per minuut 0,8-1 bar: 0:10 1,5 bar: 0:42 1,8 bar: 1:02 2 bar: 1:17 2,5 bar: 1:56

Prys: R1 540

Kontak: Safari Centre Kaapstad 021 595 3910; Safari Centre Menlyn *012 348 3253.

10. OFF GRID DUAL HEAD

’ n Kompressor met twee suiers behoort mos dubbeld so goed te vaar, nie waar nie? Tog het dit effens terleurges­tel. Maar dalk hou dit twee keer so lank.

Vloei-tempo:

150 liter per minuut 0,8-1 bar: 0:07 1,5 bar: 0:53 1,8 bar: 1:15 2 bar: 1:34 2,5 bar: 2:20

Prys: R1 795

Kontak: Safari Centre Kaapstad 021 595 3910; Safari Centre Menlyn 012 348 3253.

11. T-MAX 160 L

Hierdie groot geel kanon stel glad nie teleur nie. Dit lewer wat van hom verwag word. As jy gaan loer hoeveel 4x4bestuur­ders het so ’n kompressor wat nou al harde myle geloop het, sal jy sien dat dit ’n gehaltepro­duk is.

Vloei-tempo:

160 liter/minuut 0,8-1 bar: 0:08 1,5 bar: 0:37 1,8 bar: 0:57 2 bar: 1:10 2,5 bar: 1:42 Prys: R2 175 Kontak: 4x4 Megaworld

12. ROUGH & TOUGH 160L

Van al die kompressor­s wat ons getoets het, het dié een die vinnigste met ’n pap band klaargespe­el. Om nie eens te praat van daai prys nie. Jy kan kwalik verkeerd gaan.

Vloei-tempo:

160 liter per minuut 0,8-1 bar: 0:08 1,5 bar: 0:35 1,8 bar: 0:51 2 bar: 1:02 2,5 bar: 1:30

Prys: R1 910

Kontak: Safari Centre Kaap-apstad 021 595 3910; Safariri Centre Menlyn

012 348 3253.

13. TRAILBOSS TRAILLBOSS­OSS 160 160LL

Net toe ons s gedink het dit was ’n gelukskoge­lukskoot dat die Rough & Tough-kokompress­or so goed gevaar hethet, het die Trailboss met twee ssekondes tweede gekom in ddie toets. Teen so R110 goedgoedko­per as die Rough & Tough, is dit dalk net twee sekondes wwat jy bereid is om vas te byt.

Vloei-temmpoVloe Vloei-tempo:

160 liter perpe minuut 00,8-8-1 bar: 00:008 1,5 babar:ar: 0:35 1,8 babar:ar: 0:50 2 barbar:r: 1:01 2,5 babar:ar: 1:32

Prys Prys:s: R1 R180 800

Kont Kontak: tak: OutdoorOut Warehouse 080080000 007 2261

14. FINI FLASH AIR

Waar die ander kompres-kompressor­s dalk vinniger jou bande oppomp as wat ’n dikbek tiener sy wange kan opblaas, voel die Fini maar net soos gehalte wat vir dekades sal hou. Maar teen daardie prys, sal jy twee keer moet dink voor jy hom koop. As jy hom egter gekoop het, sal hy tien teen een die bande van jou agterklein­kinders se eerste ruimteskip opblaas.

Vloei-tempo:

166 liter/minuut 0,8-1 bar: 0:07 1,5 bar: 0:38 1,8 bar: 1:01 2 bar: 1:12 2,5 bar: 1:43

Prys: R6 780 (BTW uitgesluit)

Kontak: 1st Outdoor & 4x4 021 948 2748

 ??  ??
 ??  ?? 1
2
1 2
 ??  ?? 4
4
 ??  ??
 ??  ?? 5
6
5 6
 ??  ?? 10
10
 ??  ?? 7
7
 ??  ?? 9
9
 ??  ?? 8
8
 ??  ?? 11
12
11 12
 ??  ?? 14
14
 ??  ?? 13
13

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa