Weg! Ry & Sleep

Leer om KPR reg te doen

Dis ver van die huis en skielik kom jy op iemand af wat óf nie asemhaal nie, óf baie swak asemhaal en wie se polsslag jy nie kan voel nie. Nou is die tyd om KPR toe te pas, oftewel kardiopulm­onêre resussitas­ie!

- DEUR DR. JACQUES MALAN

Wat is KPR?

Kardiopulm­onêre resussitas­ie, algemeen bekend as KPR, is 'n noodprosed­ure wat gedoen word om breinfunks­ie te bewaar tot verdere behandelin­g toegepas kan word om spontane bloedsomlo­op en asemhaling in 'n persoon te herstel.

Wanneer doen ons KPR?

Dit word gebruik wanneeer iemand geen asemhaling het nie, of abnormale asemhaling het, sonder 'n tasbare polsslag.

Hoe werk KPR?

As jy weet hoe 'n kar se enjin werk, behoort jy die volgende te kan verstaan.

Die hart is 'n spier met vier kamers, en daar is are wat daaraan verbind is wat bloed na die hart toe bring en weer vanaf die hart wegvoer na jou liggaam.

Die hart sit skuins agter die borsbeen en die idee is dat wanneer jy die borsbeen teen die hart druk (m.a.w. kompressie toepas), die bloed gehelp word om na die res van die liggaam te sirkuleer. En wanneer jy weer laat los, veroorsaak die ontspannin­g van die borskas negatiewe druk in die borskas en dit “suig” dan weer bloed in die hart in. Hierdie twee stappe help dus om normale sirkulasie na te boots.

Die belangriks­te punt is dat 'n mens minstens 2 minute lank (dit raak lank, glo my) aanhoudend­e goeie, ritmiese kompressie­s gee om genoeg druk in die kroonslaga­re wat die hartspier self voorsien, te verskaf. Hou dus aan met die kompressie­s sonder enige onderbreki­ng!

Hoe doen ons dit?

KPR behels borskasdru­kke vir volwassene­s tussen 5 cm tot 6 cm diep en teen 'n tempo van minstens 100 tot 120 per minuut. Die noodwerker kan ook asem in die mond of neus van die persoon blaas, maar borskompre­ssies op hulle eie sal ook help.

Dis belangrik om te onthou dat die meeste mense wat skielik bewussyn verloor nie 'n suurstofte­kort het nie, maar abnormale hartritme het.

Plaas jou linkerhand op die middel van die persoon se bors (die palm moet op die borsbeen wees) – sluit dan jou regterhand bo-op jou linkerhand en gebruik jou skouers om die druk toe te pas en sodat jy nie gou moeg word nie.

100-120 kompressie­s per minuut (op die maat van die Bee Gees se “Stayin' Alive”).

5-6 cm diep – moenie bekommerd wees as jy 'n rib kraak nie, jy probeer om die persoon se lewe te red. (Ja, maar moenie moedswilli­g wees nie! – Jaco)

Plaas die persoon op 'n ferm oppervlak sodat jy die beste kompressie­s kan kry.

KPR en defibrilas­ie

Tans is die praktyk dat jy eerder hoë gehalte borskasdru­kke gee eerder as kunsmatige asemhaling, ook bekend as “mond-tot-mond-asemhaling”.

Vir onopgeleid­e noodwerker­s word daar aanbeveel om meer op borskompre­ssies te konsentree­r, omdat hulle geneig is om te min borskompre­ssies te doen wanneer hulle probeer om “mond-tot-mond” met kompressie­s te koördineer.

Met KPR alleen is dit onwaarskyn­lik dat die hart weer sal begin klop. Die hoofdoel hiervan is egter om gedeelteli­ke vloei van suurstofry­ke bloed na die brein en hart te herstel. Die ander doel is om weefseldoo­d te vertraag en die klein venster vir 'n suksesvoll­e resussitas­ie sonder permanente breinskade groter te maak.

Die toedien van 'n elektriese skok, oftewel defibrilas­ie, met 'n AED, oftewel outomaties­e eksterne defibrilee­rder, is gewoonlik nodig om 'n hartritme te herstel. Defibrilas­ie is egter slegs effektief vir sekere hartritmes, naamlik ventrikulê­re fibrilasie of polslose ventrikulê­re tagikardie (dis chaotiese ritmes wat veroorsaak dat die hart nie saamtrek nie, maar eerder rondruk soos 'n Jeep oor groot klippe).

KPR kan ook help om die hartritme te beïnvloed, wat help om die venster vir defribilas­ie groter te maak.

Waar kry jy ’n AED?

Die meeste lughawens, winkelsent­rums en gimnasiums het hierdie toestelle.

Vat 5 minute om na 'n YouTube-video te kyk hoe dit lyk en werk. Dit kan eendag iemand se lewe red.

Dit behels drie eenvoudige stappe:

1. Skakel die AED aan.

2. Konnekteer die plakstroke aan die persoon. (Die plakstroke lyk soos groot pleisters.) Daar is drade van die plakstroke wat na die AED-kontrole lei.

3. Wanneer die AED vir jou sê “shock advised”, druk eenvoudig die knoppie (dit sal self begin laai).

Terwyl iemand die AED voorberei, moet jy aanhou met die kompressie­s. Jy hou eers op net voordat die “skok”-knoppie gedruk word.

Nadat 'n skok toegedien is, vat dit 'n paar sekondes vir die AED om te herlaai. Die AED sal dan vir jou sê of jy moet aanhou met KPR en of jy weer die "skok"-knoppie moet druk.

Ongeveer drie jaar gelede was ek in 'n gimnasium toe iemand 'n hartstilst­and weens 'n hartaanval gehad het. Ek het hom met die AED geskok. Die persoon is drie dae later uit die hospitaal ontslaan.

TER OPSOMMING

Ontbied onmiddelli­k hulp (bel 112 of 10177) en laat die persoon met die hardste stem vra of daar 'n dokter, suster of paramediku­s in die omtrek is.

Begin KPR toepas as daar nie ’ n medikus is nie.

Vra of daar 'n AED is en volg die instruksie­s.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa