Weg! Ry & Sleep

Die Pajero wat kán

- ANDRIES VAN DER WALT RANDBURG

My pa het in 2003 ’n rooi 2001-model 3.2 DID Pajero gekoop. Ons het ongeveer 50 000 km deur Botswana, Namibië, Angola, Zambië, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe met hom gery, meestal grondpad, klippe en sand – en ek in daardie stadium nog net as ’n passasier!

Ons moes al die aansitter, ontwikkela­ar en voorwiella­ers vervang. Die koppelaarp­laat is op 350 000 km eers vervang (teen ’n aardige bedrag!), maar die enjin, ratkas en ewenaars hou nog. Behalwe dat my pa die onderstel met 50 mm gelig het, is die Pajero nog heeltemal standaard soos toe hy die dag uit die fabriek gekom het.

Toe my pa in 2014 weer vir hom ’n 3.2l DIDC Pajero koop (’n witte!), het ek die rooie – op 370 000 km – by hom gekoop. Ek het dit die Rooi Ondier gedoop.

In Desember het ek en my meisie, Elize, deur die Kaokoland getoer in die Rooi Ondier. Ons was in ’n groep saam met my ouers en 12 ander voertuie. Die Ondier was ’n absolute plesier op die oop pad, die moeilike grondpaadj­ies en berge.

Ons was baie in ons skik met die gemiddelde brandstofv­erbruik van 6,25 km/l in die berge en woestyn. Hy het ook moeiteloos by bulte en passe uitgeluier, en maklik met die Hartmansbe­rge en Van Zylspas klaargespe­el. Die onafhankli­ke veerstelse­l en ewenaarslo­t werk steeds puik!

Een dag het ’n boutjie van die kragstuur se hidroulies­e pyp op die sinkplaatp­aaie in die Kaokoland losgeskud. Gelukkig het ’n toerlid die probleem binne vyf minute geïdentifi­seer en het iemand kragstuurv­loeistof byderhand gehad. Op ’n ander dag het die bout wat die agterste ruit vashou, ook uitgeskud. Ons het die ruit met duct tape vasgeplak totdat ons die aand die regte grootte bout kon sny en insit.

Van die liggies in die paneelbord wat nie meer gewerk het nie, het vanself weer begin werk na die geskud op toer. Behalwe die teëspoed met die kragstuur en ruit, het ons op die hele toer van 6 300 km nog drie pap bande gehad, twee van hulle sommer op een slag.

Van die ander motors in die groep het asse gebreek, skokbreker­s verloor, bande gebars en elektriese brande gehad. Ons moes selfs ’n dakrak reg sweis! Ons kon alles self herstel, danksy die ervaring in die groep en die toerusting wat hulle saamgery het.

Ons het ná die vakansie nou altyd ’n “oepsie-sak” in die motor met allerhande hersteltoe­rusting en vloeistoww­e vir meganiese sowel as elektriese probleme. Die Rooi Ondier het nou 400 000 km op die klok, en gaan nog baie myle bykry!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa