Weg! Ry & Sleep

BLAAS DIT AF

-

Ek weier deesdae om mense te help wat in die sand vasgeval het omdat ek nou al my les geleer het. Gewoonlik begin die bestuurder in die vasgevalde voertuig pleit: “Het jy ’n tou? Kan jy ons uithelp, asseblief?”

My eerste reaksie is om eers te gaan kyk watter pogings al in daardie stadium aangewend is om die voertuig uit die gat te kry – en gewoonlik is daar nog net ’n swaar regtervoet op die pedaal neergesit.

Dan, in my oorgretigh­eid om die arme mense uit hulle penarie te help, spring ek weg en wys ek hulle wat gedoen moet word. Net om later agter te kom ek het feitlik al die werk gedoen.

Simpel ek. Nou vou ek my arms en verduideli­k ek net hoe die bestuurder moet maak. Dit was immers hy wat hom in die verknorsin­g laat beland het, nie ek nie. Dit is dus hy wat die grawe-werk moet doen, nie ek nie.

Dit bring my by die rede waarom die bestuurder in die eerste plek in die sand vasgesit het. Die grootste sondaar is gewoonlik die banddruk. Óf die bestuurder het nie geweet hy moet sy banddruk verlaag nie, óf hy was eenvoudig te lui om dit te doen.

Al wat ek hieroor wil sê, is: Neem ’n kruiwa met ’n pneumaties­e wiel. Pomp die wiel op tot 3 of 4 bar. Laai ’n sak klippe, sement of jou pel in die kruiwa. Stoot die kruiwa deur digte sand. Kon jy? Ek raai jy het effens gesukkel.

Verminder nou die banddruk met die helfte en probeer weer. Is jy verras oor hoe maklik dit nou is?

Nou verstaan jy dalk waardeur jou voertuig worstel as jy dink jy kan deur dik sand ry met hardgepomp­te bande en ’n loodvoet op die brandstofp­edaal. Dis gewoonlik daardie regtervoet wat die meeste skade in die boendoes veroorsaak.

LUTZ WAHLER SWAKOPMUND

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa