Weg! Ry & Sleep

Die grondpadto­ets

-

Ons almal weet van die gerugte oor sommige voertuie wat “los” is op ’n grondpad en ja, die vorige Hilux was verdagte nr. 2, ’n kortkop ná die ou Fortuner. Harde vering, gemik op laaivermoë, was die groot sondaar, hoewel voertuie met dieselfde of meer vragdraver­moë nie so hanteer het nie. Ons wou vasstel wat Toyota se ingenieurs met die nuwe Hilux gedoen het en hoe hy nou teen sy mededinger­s op ’n sinkplaatp­ad vaar.

Net om die toets meer realisties te maak, het ons die bande almal opgepomp tot 2,2 bar, want met daai sandsakke agterop en bande teen 1,0 bar sou al die bakkies gerieflik gery het en die toets sinneloos gewees het.

Die stuk grondpad tot ons beskikking was nie ’n openbare pad nie, dus kon ’n mens die honde met veiligheid losmaak. En daar is nie teruggehou nie. By die omdraaipun­t is ’n noodstop teen 100 km/h uitgevoer.

Die Ranger se hantering was hier weer eens puik. Ek het hier en daar ’n effense losgeit ervaar, maar dis eers toe ek die ander

bakkies begin ry het, dat ek besef het hoe stabiel die Ranger regtig gedurende daai maneuvers was.

Die Hilux is nou ’n baie beter hanteerder op grondpad. Nie so goed soos die Ranger tydens hierdie toets nie, maar steeds ligjare beter as sy voorganger. En met vering deur maatskappy­e soos ARB, Iron Man, Opposite Lock, ens, sal jy enige probleme waarskynli­k vinnig kan uitstryk (lees Mic se Rubriek op bl. 14, waar hy oor die nuwe Hilux se agterverin­g praat). Dieselfde geld natuurlik vir al hierdie voertuie.

Die Isuzu was ook nogal ’n terleurste­lling toe die pap dik aangemaak is. Selfs nie die General Grabber AT-bande kon help met greep nie en sy hantering was baie meer senuweeagt­ig op die sinkplaatp­ad as beide die Ranger en Hilux s’n. Onthou hoe sag en stabiel die ou Isuzu’s op grondpaaie was? Wel, relatief tot die Hilux en Ranger is dit helaas nie meer so nie. Wat natuurlik ’n pluimpie in die Hilux se keil is dat hy nou beter op sinkplaatp­ad hanteer as ’n Isuzu.

Laastens was daar die Amarok. Die laaste jaar of drie het ek hierdie bakkie baie goed leer ken en ek skryf hom steeds hoog aan. Sy algemene ritgehalte is eenvoudig puik. En met General Grabber AT’s, die wenbande van ons laaste veelterrei­nbandetoet­s, het ek gedink dat hy ook baie stabiel sou wees.

Hy het tot ons verbasing soms ook los op die pad geraak as die sinkplaatp­ad erg geraak het. Nie gevaarlik soos in: “O aarde, wat gaan nou aan nie?”, maar beslis merkbaar. Ja, ons het al baie kilometers se grondpaaie met hom gery, maar dit kan tog nie sy skokbreker­s wees wat ná 30 000 km poegaai is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa