Weg! Ry & Sleep

Gevolgtrek­king

-

Jis, hier moet ’n man fyn trap. Iemand skryf mos hoeka onlangs op WegRy se Facebook- blad: “Jaco Kirsten het vasgehaak by Toyota en glo daar is niks beter nie.” Eina! Veral omdat ek ’n gemodifise­erde Nissan Navara ry. Maar laat ons nie feite met ’n goeie sessie verwyt laat inmeng nie, of hoe?

Hoe jy ’n voertuig beoordeel, gaan in ’n groot mate afhang van wat jy daarmee wil doen. Anders as vir baie ander publikasie­s is ons taak eintlik maklik, want ons beoordeel rygoed soos dié grootliks aan hulle veldryverm­oëns vir die deursnee-4x4entoesi­as. Vandaar die feit dat ons die enigste publikasie in Suid-Afrika is wat tot dusver hierdie groep voertuie op hierdie manier getoets het.

Goed, hier is my antwoord: Al vier hierdie bakkies het ’n paar modifikasi­es nodig voordat jy ernstig met hulle in die veld kan ry, beginnende by behoorlike bande, vering en praktiese goed soos bosbrekers voor en agter. Daarna kan jy self besluit wat vir jou noodsaakli­k is. Dalk is dit ’n Bulls-bufferplak­ker of ’n braairoost­er op die dak.

As jy slegs praat van tegniese veldry, is die Amarok waarskynli­k die minder aanloklike keuse, hoofsaakli­k vanweë sy gebrek aan ’n laestrekra­tkas. Ja, jy kan in werklik tegniese toestande meestal om hierdie tekortkomi­ng werk. Maar ons beoordeel hierdie voertuie as veldryers. As jy ’n fantasties­e dubbelkaju­itbakkie soek waarmee jy nou en dan 4x4-werk wil doen, sal ek die Amarok baie sterk oorweeg. Hulle is gemaklik, hiper-betroubaar en het lag-lag die beste brandstofv­erbruik van al die dubbelkaju­itbakkies.

Die Isuzu laat jou dink aan ’n Curriebeke­rspeler wat nooit goed genoeg vir die Springboks­pan sal wees nie, maak nie saak hoe goeie ou hy is, hoe baie Huisgenoot van hom hou of hoe hard hy probeer nie. Dis ’n goeie bakkie, maar sy tegnologie en afwerking – veral gesien in die lig van sy prys – is so vyf jaar agter die kurwe.

Wat ons laat met die Ranger en Hilux. Dis baie moeilik om ’n “wenner” aan te wys, want hulle kan amper alles min of meer ewe goed doen. Tydens ons versnelen klimtoetse het ons gevind dat hulle verskille in enjinkrag eintlik van akademiese belang is. Altwee is bekwaam in die veld. Altwee se binneruime is modern en altwee hanteer goed op teerpad.

Die Ranger is egter beter toegerus vir die prys. Hoewel die Hilux R20 000 goedkoper as die Ranger is, sluit dit nie goed soos leersitple­kke, parkeersen­sors en ’n sleepstang in nie. Sit dit by, dan is hy duurder as die Ranger. Die Ranger is binne beter afgewerk met hoër spesifikas­ievlakke. Dis vir my ’n mooier ontwerp as die Hilux, veral wat die neus betref. Dan hanteer hy ook beter op grondpad en het hy in die algemeen ’n beter rit.

Is die Hilux dan ’n “verloorder”? Allermins. Ek is regtig beïndruk met die 2.8 GD-6-enjin. Ek het ook gesien hoe goed die bakkie lyk met ’n Iron Man-buffer. Dan is daai effense overbite voor reggestel.

Jy het boonop ’n wye handelaars­netwerk en ’n waarborg dat jou herverkoop­waarde astronomie­s goed gaan wees.

Maar as jy wil weet of die nuwe Hilux die Ranger verbygeste­ek het as totale pakket, is die antwoord “nee”. Dit sê nie noodwendig iets sleg van die Hilux nie. Dit vertel vir ons eerder hoe goed die moderne dubbelkaju­itbakkie geword het.

 ??  ?? ONTHOU: Al vier hierdie bakkies het alles gedoen waarvoor ons gevra het. Elkeen het sy eie sterk en swak punte gehad en smaak verskil.
ONTHOU: Al vier hierdie bakkies het alles gedoen waarvoor ons gevra het. Elkeen het sy eie sterk en swak punte gehad en smaak verskil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa