Weg! Ry & Sleep

Die ander menings

-

PIETER OOSTHUIZEN

Nie een bakkie het regtig teleurgest­el nie. Die Hilux het met sy klimwerk teen steiltes, grondpad-gedrag en keuse tussen ekonomie en krag beïndruk, maar daar is niks subtiel aan sy klaende afdraandre­mhulp nie. Die Ranger se afgeronde veelsydigh­eid in alle toestande was die opvallends­te, terwyl die luukse Amarok en amper minimalist­iese Isuzu steeds goeie vlagskepe is.

As ’n titel-boksgeveg gelykop eindig, behou die kampioen sy kroon. Só was dit met WegRy se soektog na die beste outomaties­e 4x4-dubbelkaju­t, waarin die nuwe Hilux nie beter as die Ranger was nie. Maar die Hilux ding nou op gelyke voet met die Ford mee.

CHARLES THOMPSON

Die nuwe 2.8 GD-6 enjin is ’n ander perd as sy voorganger, die 3.0 D-4D. Dit ontwikkel 130 kW, basies dieselfde as die Amarok en die KB, maar teen 450 Nm het dit meer wringkrag, en dis net die Ranger se 470 Nm wat dit troef.

Binnelangs het die Hilux nou saam met die Ranger van die jongste tegnologie, maar wat ritgehalte betref, is hy steeds nie heeltemal so goed soos die Amarok of die Ranger nie.

Is hy dus ’n beter bakkie as die Ranger? Nee. Maar dis ’n groot verbeterin­g wat in alle opsigte sy agterstand ingehaal het en hy verkoop reeds goed.

GRANT SPOLANDER

Die Amarok se sterk punt is op teer, waar hy waarskynli­k die beste van die vier vaar. Sy gebrek aan laestrekra­tte tel egter teen hom in die veld. Ek is al jare lank ’n aanhanger van die Isuzu. Ja, die enjin raas en is dalk nie die sterkste onder die lot nie, maar hy kan 200 kg meer vrag as die Hilux dra. Vir my is dit belangrik in ’n mark waar dit maklik is om onwetend jou bakkie te oorlaai.

Op die oog af het die Ranger en die Hilux die meeste sterk punte en die minste gebreke. Hulle bied die beste balans tussen veldryverm­oë en rygerief op die pad. Wat die geheelindr­uk betref, sou ek sê dat die Ranger meer gerief as die Hilux bied.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa