Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

-

WANNEER IS DIE BESTE TYD OM TE GAAN? Die Namib is heel jaar toeganklik en toere word regdeur die jaar aangebied. Van Januarie tot Mei is die wind rustiger, maar hou die bloedige somerhitte in gedagte.

In Februarie en Maart is die kans goed dat jy die Kuiseb sal sien afkom, wat ’n besonderse ervaring is. MOET EK SANDRY-ERVARING HÊ? Dit is nie noodsaakli­k nie. Jou gids sal raad en hulp gee as jy vashaak. WAT VAN MY VOERTUIG? Jy moet ’n 4x4 met laestrek en goeie grondvryho­ogte hê. Maak seker daar is behoorlike herwinning­spunte voor en agter op die voertuig. ’n Kompressor is ook ’n goeie idee. WAT WORD VERSKAF? Ontbyt en aandete, gemeenskap­like kamptoerus­ting (soos opwasgerie­we, stort, toilet, ens.) en ’n tweerigtin­gradio vir elke voertuig. WAT MOET EK SAAMNEEM? Jy moet jou eie tent, beddegoed, eetgerei, drinkgoed, middagetes, versnaperi­nge en twee sakke hout per voertuig saambring. HOEVEEL BRANDSTOF HET EK NODIG? Jy moet genoeg saamry vir sowat 550 km. Dis feitlik heelpad dik sand, so bereken jou petrolgebr­uik op 3 km/liter en dieselgebr­uik op 5 km/liter. Jerrykanne kan op Solitaire volgemaak word. EN WATER? Maak voorsienin­g vir minstens 5 liter drinkwater per persoon per dag. Op hierdie toer moet jy ook 20 liter water saambring vir die kombuis, en nog 40 liter as jy wil stort. KAN EK OP MY EIE HIER GAAN RY? Nee. Hierdie roete val binne die Namib-Naukluft Nasionale Park en loop deur konsessieg­ebiede waar slegs georganise­erde groepe met die nodige permitte toegelaat word. HOE LANK DUUR DIT? Die toer is ses nagte in totaal. Dit sluit die eerste nag op die gasteplaas buite Solitaire in asook die laaste nag se verblyf in Walvisbaai. Die toer word daar afgesluit met ’n aandete, wat by die toergeld ingesluit is. WAAR KAN EK BESPREEK? Live the Journey is die eksklusiew­e konsessieh­ouers vir hierdie toer en bied 17 sulke toere per jaar aan. Kontak www.livethejou­rney.co.za,

info@livethejou­rney.co.za, 021 863 6400 (Kaapstad).

Dit kos R9 250 per volwassene in spitsseiso­en en R8 750 in nie-spitstye en word jaarliks in Augustus aangepas. Kinders jonger as 17 jaar kry afslag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa