Weg! Ry & Sleep

Kom toer saam met ons!

Kom geniet ’n selfbestuu­rtoer saam met WegRy- Toere en Bhejane 4x4 Adventures na Etosha – Damaraland & Skedelkus

-

DAG 1. Die groep kom in Swakopmund bymekaar waar ons mekaar oor aandete rondom die vuur leer ken.

DAG 2. Ons verken Swakopmund met sy eiesoortig­e Duitse argitektuu­r en ’n groot verskeiden­heid avontuurak­tiwiteite – van vryval, sandbord en kwadfietsr­y tot dolfyne en walvisse kyk. (Die avontuurak­tiwiteite is nie by die toerprys ingesluit nie.)

DAG 3. Ná ontbyt vertrek ons na die robkolonie by Seal Point. Op pad daarheen hou ons ’n piekniekmi­ddagete. Met ons aankoms by die Brandberg sal die span al die kamp opgeslaan hê en sal die kospotte reeds prut.

DAG 4. Ons doen ’n begeleide toer na die Brandberg en sy bekende Wit Vrou en ander Boesmantek­eninge. Dan ry ons terug na die kamp vir ’n laat ontbyt en ’n rustige middag. Later sal jy die woestynson­sondergang van die voetheuwel­s van die Brandberg kan dophou met ’n skemerkelk­ie in die hand.

DAG 5. Hiervandaa­n ry ons wes na die bekende Skedelkus, waar ons die verlate myn by Toskanini besoek, ’n plek waar ’n fortuin gemaak – en verloor – is. Hierna mik ons oos na die oase by Palmwag.

DAG 6. Ons verken die Torrabewar­ingsgebied in Damaraland en volg die droë rivierbedd­ings van die Huaben Unjabrivie­r op soek na die woestynoli­fant en swartrenos­ter.

DAG 7. Vandag besoek ons die eienaardig­e landskap van die Verbrandeb­erg, die indrukwekk­ende vulkaniese rotsformas­ies die Orrelpype, en leer meer oor die eeue oue welwitschi­as in die streek.

Twyfelfont­ein, met sy prehistori­ese skilderye en rotsgraver­ings, is ons volgende bestemming, en hierna mik ons na die Versteende Woud met sy 30 meter lange versteende bome.

DAG 8. Ons ry oor die Grootbergp­as, dan Kamanjab en Outjo, waar ons brandstof kry, en saal af in ons eerste kamp in Etosha.

Laatmiddag sal ons gaan wild kyk en die aand die naglewe langs die verligte watergat by die kamp dophou.

DAG 9. Die oggend bring ons deur by die bekende skaduryke Ombikawate­rgat of op ’n wildrit in die park.

Vroegmidda­g kan ons lekker om die kamp se swembad ontspan of die ander trekpleist­ers in die kamp besoek.

Vroegaand besoek ons die eiesoortig­e Sprokieswo­ud met sy sprokiesbo­me ( Moringaova­lffolia).

DAG 10 & 11. Teen dié tyd ken ons almal al die park taamlik goed en het jy vir die volgende twee dae die geleenthei­d om dit op jou eie te verken. Die Bhejanegid­s is byderhand vir raad en die span sal ’n piekniekma­ndjie voorsien.

DAG 12. Ná ’n rojale ontbyt groet ons en ry huis toe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa