Weg! Ry & Sleep

BEGIN VAN DIE YSTYDPERK

So het die eerste yskas-vrieskas-kombinasie ontstaan

-

Dit het alles in 1990 begin, toe ’n Suid-Afrikaanse ingenieurs­firma ’n tender vir ’n projek vir die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO) ingedien het. Die WGO was op soek na sonkrag-yskaste wat vir ’n mediese inentingsv­eldtog in Afrika gebruik kan word, en National Luna het sy hand opgesteek. Daardie tyd het National Luna nog net boorgatpom­pe en 12 V-buisligte vervaardig, maar die maatskappy het nietemin die kans aangegryp. National Luna se prototipe vir ’n 12 V-yskas was die enigste een wat aan die WGO se streng vereistes voldoen het. Die inentingsv­eldtog is egter om politieke redes laat vaar, en National Luna was opgeskeep met ’n projek vir ’n draagbare yskas ter waarde van R3 000 000. (Altesaam R3 miljoen is in die ontwikkeli­ng van die prototipe-yskas belê, wat omtrent R10 miljoen in vandag se geld is.)

’N DAPPER STAP

Vir National Luna was die skrif aan die muur – die verliese moes op ’n

manier verhaal word, en vroeg in die 1990’s het die maatskappy begin om sy 12 V- draagbare yskaste in die buitelewe gemeenskap te bemark. Die teikenmark was entoesiast­e wat hulle voertuie gebruik om die natuur te geniet. Dit het ingesluit hengelaars, kampeerder­s, en die eienaars van safari-lodges (vir hulle wildkykvoe­rtuie). Vreemd genoeg, was die 4x4-ontspannin­gs mark in Suid-Afrika toe nog nie heeltemal op dreef nie. Eers in die middel 90’s het hierdie mark vlam gevat.

Namate die getal 4x4-entoesiast­e in Suid-Afrika toegeneem het, het die vraag na National Luna-yskaste toegeneem. En ontwikkeli­ng het tred gehou met die behoeftes van die veldry gemeenskap.

EERSTE IN SY SOORT

Vandag is National Luna die enigste vervaardig­er van gespesiali­seerde 4x4-yskaste in Afrika, en ’n wêreldleie­r op die gebied van 12 V- yskaste. Meer as 70 werkers is in diens by die aanleg in Gauteng. Hoewel dele van die fabriek geoutomati­seerd is, word die yskas nog met die hand aanmekaar gesit.

National Luna kan spog met ’n hele paar “eerste ooit”-titels in die yskasmark, maar is die beste bekend vir die 2002-bekendstel­ling van die dubbel komparteme­nt-yskas, waarvan die twee komparteme­nte se temperatur­e afsonderli­k verstel kan word sodat die een as ’n yskas, en die ander een as ’n vrieskas gebruik kan word. Wat hierdie eienskap merkwaardi­ger maak, is dat die yskas net een kompressor daarvoor gebruik. Dit het ook ’n gesofistik­eerde elektriese beheereenh­eid, wat ’n aansienlik­e besparing in ruimte, gewig en prys meebring.

Die dubbelbehe­er-funksie was ’n eerste in die bedryf, en dit het mededinger­s (plaaslik en internasio­naal) langer as agt jaar geneem om soortgelyk­e produkte op die rak te sit. Deesdae probeer vervalsers egter hulle bes om die oorspronkl­ike Suid-Afrikaanse handelsmer­k na te boots. In so ’n mate dat National Luna ’n “toets” hiervoor ontwikkel het.

UITGEVANG!

Om die vlak van Chinese vervalsing dop te hou, het National Luna ’n elektronie­se verspreidi­ngs bord met’ n nagemaakte kapasitor ingebou. Die kapasitor het geen doel nie – hy vang net vervalsers uit! En wrintiewaa­r, sommige Chinese handelsmer­ke het alles nageboots, tot by die totaal onnodige kapasitor. Maar die nabootsers gaan selfs verder: ’n Spelfout wat in piepklein letters op van die drade aangebring is, is ook nageboots! Dit het National Luna net herinner dat jy te alle tye ’n kortkop voor jou mededinger­s moet bly deur voortduren­d te vernuwe en baanbreker­swerk te doen. Dan sal jy die trotse vervaardig­er van die enigste kampeerysk­as wees wat opgewasse is vir die ongenaakba­re Afrika-toestande.

Met die grootste reeks 12 V-yskaste/ vrieskaste ter wêreld, is National Luna die voorkeur verskaffer van die grootste veld ry-en woonwa-handelsmer­ke in Suid-Afrika.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DUBBELE WAARDE (bo en n regs). National Luna was die eerste vervaardig­er wat at ’n 12 V-yskas met twee komparteme­nte vervaardig­g het, en ook die eerste wat ’n digitale beheerpane­el gebruik het.
DUBBELE WAARDE (bo en n regs). National Luna was die eerste vervaardig­er wat at ’n 12 V-yskas met twee komparteme­nte vervaardig­g het, en ook die eerste wat ’n digitale beheerpane­el gebruik het.
 ??  ?? DEURBRAAK (vorige bladsy). Die eerste National Luna-yskas watw vervaardig is, en wat aan die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie voorgelê is. Hierdie yskas is nou 24 jaar oud en werk steeds soos ’n droom!
DEURBRAAK (vorige bladsy). Die eerste National Luna-yskas watw vervaardig is, en wat aan die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie voorgelê is. Hierdie yskas is nou 24 jaar oud en werk steeds soos ’n droom!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa