Weg! Ry & Sleep

DIE WARE JAKOB

Nie alle veelterrei­nbande is veelterrei­nbande nie. Ons verduideli­k hoekom.

- DEUR GRANT SPOLANDER

Vervaardig­ers beskryf dikwels hulle bande as veelterrei­n, of “AllTerrain” ( AT). Ongelukkig is hierdie begrip nie altyd duidelik nie, en selfs effens misleidend.

Vastrapver­moë, oftewel traksie, is belangrik vir enige veldryband, maar wanneer laas het jy ’n 4x4 gesien wat beheer verloor en begin tol het omdat die bande se loopvlakpa­troon nie goed ontwerp is nie? Laat ek raai … nog nooit nie? Hoekom? Want die meeste bande bied ’n taamlike mate van vastrapver­moë op ’n verskeiden­heid van oppervlakk­e, met die uitsonderi­ng van modder. Wat die vraag laat ontstaan: Wat maak ’n veldryband ’n ware veldryband? Ek glo die antwoord is eenvoudig: sy sterkte of duursaamhe­id.

Hoewel daar baie sogenaamde veelterrei­nbande op die mark is, is baie min van hulle regtig veldryprod­ukte wat betref hulle konstruksi­e, die hoeveelhei­d rubber wat die band bevat en die materiaal waaruit dit vervaardig is. Met ander woorde, hulle loopvlakpa­troon lyk dalk soos dié van ’n veldryband, maar hulle konstruksi­e verskil nie veel van dié van ’n padband (HT-band) nie.

As jy nie oortuig is nie, doen ’n eenvoudige toets: Tel die band op en voel hoe swaar dit is. Ligter bande bevat min rubber, en swaarder bande bevat meer rubber. Die enigste rede waarom ’n band in die eerste plek swaar gemaak word, is ter wille van sy sterkte of duursaamhe­id. Dit is beslis nie om ekonomiese redes nie.

Waarom vervaardig maatskappy­e dan ’n veelterrei­nband wat nie aan die kernvereis­te van duursaamhe­id voldoen nie? En weer ’n eenvoudige antwoord: Prys. Dis goedkoper om liggewigba­nde te maak. Goedkoper bande verkoop makliker, wat tot beter verkoopsyf­ers lei. Nog ’n groot pluspunt is dat liggewigba­nde minder raas, gerieflike­r op die pad is en brandstof bespaar.

As laasgenoem­de drie eienskappe vir jou belangrik is wanneer jy ’n veelterrei­nband koop en jy nie dikwels in die veld gaan ry nie, geluk! Jy kan so op die kort termyn geld spaar. As jy egter wil weet hoe om ’n ware veldryprod­uk te onderskei, lees verder.

Die geheim lê in ’n band wat ’n LT genoem word. Die LT staan vir “Light Truck”. Die LT-band is ’n alternatie­f vir die sport nut s voertuig band, oftewel SNV-band. Ons kon nie die oorsprong van die term vasstel nie, maar die “LT” verwys in hierdie geval losweg na die band se vragdraver­moë, en daarom sy sterkte. Met ander woorde: As ’n band nie “LT” op die sywand sê nie, is die kans goed dat dit ’n liggewigba­nd is en nie ’n ware veldryband nie.

Jy sal ook op die band se sywand ’n letter sien wat sy vragdraver­moë aandui. Hierdie alfabetlet­ter (wat wêreldwyd erken word) stel die banddikte gelyk aan ’n vergelykba­re laag-gradering. Byvoorbeel­d: Die letter “E” op die sywand van die Cooper Discoverer S/T Maxx (265/65/R17) beteken dat die band ’n vergelykba­re 10 laag-sywandgrad­ering het. Ander graderings­imbole sluit in ’n C (6-laag) en D (8-laag). Die neiging om egter die hoeveelhei­d rubber aan ’n getal bandlae gelyk te stel, is verouderd en verwys nog na ’n ou soort buisontwer­p.

Wat meer is, as jy die spesifikas­ies van bogenoemde Cooper-band met dié van ander veelterrei­nbande vergelyk (gebruik ’n 265/65/17-band as voorbeeld), sal jy vind die Maxx weeg 24,5 kg, teenoor die ander hoog aangeskrew­e band wat net 18,2 kg weeg. Dit is amper 35% meer rubber!

As jy dus weer bande koop en duursaamhe­id vir jou belangrik is, moet jy dalk bande teen mekaar “opweeg”.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa