Weg! Ry & Sleep

DIE WENNER VAN ’N STEL APOLLO-VELDRYBAND­E

Ons het lesers die afgelope maande gevra om hulle droomvakan­sies aan ons te beskryf, en die inskrywing­s het ingestroom. Ons gunsteling was Carin Reyneke se inskrywing!y

-

Om na die Victoria-waterval te ry is nie uniek nie: Baie mense het dit al gedoen. Sommige het op eiee stoom daar gekom in hulle 4x4’s, ander het in hullee plat Duitse sedans, o fin hulle ou studente karretjies, op hullele motorfiets­e, of selfs op hulle trapfietse daar gekom.

Die verskil is dat hierdie my avontuur is: Ander mense het dit al gedoen, maar ek het nog nie met die Jimny oor die grens na die Victoria-val gery nie.

In my droom ry ons nie reguit soontoe nie – ons het oorgenoeg tyd om eers ’n wye draai deur Namibië en terug deur Botswana te ry. Miskien pas ons ook ’n ballonrit oor Sossusvlei se duine in, eet ’n steak in Windhoek, neem ’n “selfie” in Swakopmund, gaan op ’n wildrit in Etosha en gaan kyk voëls in die Caprivi-strook. By die Victoria-waterval wil ons ’n bootrit teen sononder net bokant die waterval doen en die volgende dag op ’n witwater-avontuur op die Zambezi gaan. Op pad terug is daar dalk tyd vir ’n mokoro-rit op die Okavango-delta, of ’n vliegtuigr­it oor die streek. Dalk kan ons selfs gaan tent opslaan by die Makgadikga­di-panne. En natuurlik Mana-poele of die Ruïnes in Zimbabwe besoek!

Dis die droom. Die realiteit is dat ons die beste moet maak van die twee weke verlof wat ons beskikbaar het. Dit beteken ons moet die beste roete uitwerk, en besluit waarvoor ons nóú tyd gaan hê en wat sal moet wag tot volgende keer. Dan kan ons solank oor volgende jaar ook begin droom.

Een van die uitdagings is om ons klere, kos, tent, slaapsakke, kampstofie, braaitoeru­sting, kampstoele en muskietwee­rder vir twee mense vir twee weke in die Jimny se piepklein kattebak ingepas te kry. As ons versigtig genoeg pak, is daar dalk selfs plek vir ’n klein kampvriesk­assie. Dálk.

Nou bly net twee goed oor voor die vakansie begin: Ons moet verlof insit, en dan die dae begin tel.

Carin –jy het van die derde ding vergeet… Jy moet ook jou nuwe bande op die Jimny laat opsit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa