Weg! Ry & Sleep

VUURWARM AVONTURE

HEAT

- Deur Ranulph Fiennes

UITGEWER: SIMON & SCHUSTER PRYS: R415 As daar nou een Bear Grylls-program is wat ek bitter graag sou wou sien, is dit een waarin hy in tyd terugreis en ’n oorlewing s uitdaging teen’ n jong sir Ranulph Fiennes doen. Want selfs op 72 is dié Engelse avonturier en ontdekking­sreisiger’ n klipharde kêrel.

Hy hou verskeie uithou-rekords en is onder meer die eerste mens wat al tot by die Noord- en Suidpool gestap het. Een van dié ekspedisie­s het dié oudSAS-soldaat die vingerpunt­e aan sy linkerhand gekos nadat hy vriesbrand opgedoen het. Hy’t hulle toe sommer self geamputeer. Met ’n figuursaag.

Minder vingerpunt­e of te not, hy bly ’n kranige skrywer wat al verskeie suksesvoll­e boeke geskryf het. In Cold het hy oor sy sneeu-avonture geskryf. Nou spring hy as ’t ware uit die vrieskas in die oond in met sy jongste boek, Heat.

In April 2015 het Fiennes die oudste Brit geword om die Marathon de Sables in die Sahara-woestyn te voltooi, een van die taaiste uithouwedl­ope ter wêreld. Maar die wedloop is net ’n deel van al die avonture waaroor hy in Heat skryf. Tussen-in vertel hy van tye in sy lewe waarin hy met dié soort hitte moes stoei – in konflik met terroriste in Oman, tydens ’n skeerboot-ekspedisie op die Wit Nyl of in die bedompige woude van OosAsië. Hy skryf ook oor avonturier­s wat hy self bewonder. Heat is dus meer as net ’n vertelling van een man se tog na ’n bergpiek of nóg ’n eindstreep. Dis ’n boek wat gevul is met interessan­te geskiedeni­s en fassineren­de militêre stories, sowel as vertelling­s van ’n merkwaardi­ge mens se avonture.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa