Weg! Ry & Sleep

SAMARITANE BY NISSAN OP UPINGTON

-

Ons was in Augustus Weskus toe met ons Nissan Navara, en met ons aankoms by Oranjerus in Upington het ons ’n nare skuurgelui­d by die waaierband gehoor.

Ons het besef ons sal nie verder kan ry nie, en het maar die Sondagogge­nd stadig teruggery Upington toe.

Ons het by Oranje Nissan stilgehou, en was nog op soek na ’n noodnommer toe Bertie Lubbe, die hoof van die handelaar, toevallig daar stilhou.

Minute later was Sarel Vorster, werkswinke­lbestuurde­r, Frans Groenewald, die onderdeleb­estuurder, en Nelius Boshoff, die werktuigku­ndige, ook daar.

Hierdie manne het regtig voor die kerk se deur omgedraai om ons te kom help!

Dit was die lugversorg­er se kompressor wat opgepak het, en dis natuurlik nie iets wat ’n handelaar op die rak aanhou nie. Sarel kon ook nie een in Upington opspoor nie. Dus was ons gestrand, aangesien een waaierband al die komponente aandryf!

Maar Nelius het ’n plan bedink. Hy het die hele kompressor afgehaal en ’n korter waaierband opgetower. Alles wat moes draai het weer gedraai, behalwe natuurlik die lugversorg­er, maar ons vakansie kon voortgaan!

Die beste van alles was egter dat Sarel my boonop afslag op die rekening gegee het!

Baie dankie aan al die manne van Oranje Nissan. Dis nou wat ’n mens puik diens noem.

Die natuur was ons ook genadig, want tydens ons hele vakansie het die temperatuu­r nooit verby 17O Celsius gestyg nie.

BEN EN ELIZE SCHEEPERS VANDERBIJL­PARK

behou hom die reg voor om briewe te redigeer vir bondigheid en duidelikhe­id. Briewe wat aan gestuur word, kan ook moontlik in ons susterpubl­ikasies en asook op ons webwerwe gebruik word. As jy ’n vryskut-artikel instuur vir oorweging, merk dit asb. duidelik só. Ongelukkig kan ons geen verantwoor­delikheid aanvaar vir materiaal wat ingestuur word of dit terugstuur nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa