Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

-

BESTE TYD: Heel jaar, maar natuurlik is die warmer somermaand­e lekkerder. Hou egter in gedagte dat lodges en vakansieoo­rde, veral op die kus, gedurende Desember stampvol raak. Bespreek lank vooruit. VEILIGHEID: Ons het nooit enige probleme op hierdie toer gehad nie. Ons is wel gewaarsku dat die situasie meer onstabiel is noord van Inhassoro, waar Renamo- en Frelimo-magte meer aktief is. Hou die Facebook-blad DriveMoz dop vir die jongste inligting. BRANDSTOF: Orals beskikbaar. Petrol is

en diesel is – maak seker jy vra vir die regte een. KONTANT: Die meeste plekke in die Suide aanvaar rand, maar dit is ’n goeie idee om meticais byderhand te hê vir die markies en kleiner winkels. Jy kan meticais by een van die talle OTM’s trek. Visa-kaarte word die algemeenst­e aanvaar. TAAL: ’n Basiese kennis van Portugese frases sal definitief help, maar ons het gevind dat die meeste mense in winkels, vulstasies, restaurant­e en lodges in die groter dorpe Engelsmagt­ig is. VERBLYF: Bespreek lank vooruit vir die Desember-vakansie. Ons het by Estrela de Mananisse (Star of Moz-lodge) in Inhassoro ( starofmoz@gmail.com, 079 530 3674), Sunset Beach Lodge naby Xai-Xai ( info@ sunsetbeac­hlodge.com, +258 863 573 296) en die Aguia Pesqueira-kampeerple­k in die Limpopo Nasionale Park ( salinhal@yahoo. com, +258 84 3011 719) gebly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa