Weg! Ry & Sleep

Wanneer die wiel draai

Om behoorlik te kyk waar jy ry, is ’n les wat Evan Naudé ’n paar jaar gelede op die harde manier geleer het. En op ’n onlangse toer het hy onbeplan ’n ander bestuurder gehelp om dieselfde les te leer.

-

Ek stel elke maand hierdie afdeling van die tydskrif saam, dus het ek al ’n goeie dosis van Oeps-oomblikke gesien. Dit was seker net ’n kwessie van tyd voor ek my beurt sou kry.

Ek was onlangs op toer saam met Jan Braai toe ’n plaaslike boer in ’n parkeerter­rein in Calitzdorp agteruit in my vasry. Dit was bloot ’n ongeluk en dit het maar “net” ’n nuwe deur vir die Amarok beteken, maar dit het my herinner aan ’n soortgelyk­e situasie waarin ek my voorheen bevind het.

’n Paar jaar gelede, toe ek as junior joernalis vir ’n koerant op die Weskus gewerk het, is ek gestuur om inligting vir ’n motorsport­byeenkoms by ’n plaaslike werkswinke­l te gaan haal. Soos gewoonlik, was ek op spertyd en dit het my nogal geïrriteer dat ek iewers heen moes ry vir iets wat oor die foon gedoen kon word. En om dinge erger te maak, was nie een van die koerant se voertuie beskikbaar nie en moes ek met my eie Corsa-bakkie ry.

Nadat ek gekry het wat ek nodig gehad het by die werkswinke­l, het ek in my bakkie geklim, met my gedagtes reeds op die goed wat ek by die kantoor moes klaarkry.

Ek was haastig en het nie gefokus nie, en trek toe in trurat weg sonder om behoorlik te kyk wat ek doen – dwars in die passasiers­deur van ’n geparkeerd­e voertuig agter my in.

Ek was al klaar goed omgekrap, maar nou kon ek voel hoe my gesig warm raak. Ek het byna ontplof van woede!

Gelukkig was die eienaar van die ander voertuig naby, en ’n nog groter gelukskoot was dat sy kar voor ’n paneelklop­per geparkeer was! Hy was ’n rustige ou en ons kom toe ooreen dat ek eenvoudig ’n kwotasie vir die ekstra skade kry en hom net daar in kontant betaal.

So het die lewe maar ’n snaakse manier om homself te herhaal. Ek het agteruit in iemand se geparkeerd­e voertuig vasgery en sy deur beskadig, en nou het iemand op Calitzdorp dieselfde oorgekom en die Amarok beskadig. Die enigste verskil is dat die skade wat ek destyds aangerig het, sowat R1 500 beloop het, maar die kwotasie wat ek vir ’n nuwe deur vir die Amarok gekry het, was in die omgewing van R38000.R38 000. Eina!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa