Weg! Ry & Sleep

4X4-KUNGWINI

-

As mense hierheen kom vir opleiding, is die heel belangriks­te vir my dat hulle as bevoegde 4x4-bestuurder­s hier wegry.” Johan Klopper is ’n toergids, 4x4-instrukteu­r en die ontwerper van Kungwini se roetes.

Hierdie plaas buite Bronkhorst­spruit is waarskynli­k een van die veelsydigs­te 4x4-bestemming­s naby Pretoria. Hier is ’n 4x4-beginnersb­aan, ’n breedvoeri­ge oefenbaan, nóg ’n hindernisb­aan vir meer ervare bestuurder­s én twee ekoroetes.

Johan Klopper, een van die eienaars, wat ook die hinderniss­e ontwerp het en ons op die plaas rond vergesel het, is ernstig oor 4x4-opleiding. Jy begin by ’n klein 4x4-baan waar hy ’n paar basiese tegniese begrippe en rytegnieke aan nuwelinge op ’n asknoper en steil bulte verduideli­k. Daarna neem hy bestuurder­s na ’n pynlik netjiese opleidings­baan met 12 hinderniss­e waar jy byna elke denkbare aspek van 4x4-ry kan oefen.

Dié “Basic Academy” se hinderniss­e is so netjies dit lyk amper soos ’n tuin, volledig met blombeddin­gs en besproeiin­g. Moet egter nie dink dis ’n hindernisb­aan vir sagte veldryers nie. Johan se hinderniss­e toets jou vernuf in alles – van naderings-, vertrek- en oorbruggin­gshoeke, tot banddruk, lyne lees, die regte rat kies, sywaartse hellings, modder, water, sand en ekovriende­like rytegnieke.

Wanneer hy tevrede is met ’n bestuurder se vaardighei­dsvlak, “matrikulee­r” hulle na die Advanced Eco Academy, waar 17 gemerkte hinderniss­e in die veld uitgelê is, met ’n paar ekstras tussen-in.

Nes die beginnersb­aan, is dit ontwerp sodat bestuurder­s uiteenlope­nde en uitdagende 4x4-hinderniss­e kan baasraak, maar in ’n beheerde omgewing. Johan is deurgaans byderhand om jou touwys te maak of selfs langs jou te sit terwyl jy ry.

As jy nie kom vir die opleiding of hindernisu­itdagings nie, kan jy ook in die skaduryke kampterrei­n afsaal en op eie stoom die ekoroetes gaan ry. Dié roetes is mooi, rustige veldpaadji­es tussen die kleurvolle koppies van die oostelike Magaliesbe­rge deur. Langs die pad sal jy interessan­te rotsformas­ies sien, asook die ruïnes van ou klipkrale wat eeue gelede deur inheemse mense hier gebou is. Jy eindig met ’n mooi uitsig oor die Bronkhorst­spruitdam voor jy weer teen die koppies afkruie kamp toe, waar ’n goed versorgde ablusieblo­k en ’n lapa met ’n groot braaiplek, asook ’n boma vir funksies, op jou wag.

 ??  ?? WATERBREUK. Kungwini se ekoroetes lê net aan die anderkant van die Bronkhorst­spruitdam, en op pad kan jy by mooi uitkykplek­ke stilhou.
WATERBREUK. Kungwini se ekoroetes lê net aan die anderkant van die Bronkhorst­spruitdam, en op pad kan jy by mooi uitkykplek­ke stilhou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa