Weg! Ry & Sleep

Oor petrol versus diesel

- CALLIE ROOS PRETORIA

Dit is nou al vir meer as ’n jaar wat ek terughou op ’n kort nota in WegRy. My doel is om ook ’n eier te lê op 4x4’s en dan natuurlik om vir Jaco Kirsten, die redakteur, so liggies uit te haal. Ek meen, jy kan vir Jaco net lief wees, maar net daar begin jou moeilikhei­d: Jy wil hom “gas gee” net omdat jy vir hom lief is, soveel onskuld.

Twee vorige WegRy- uitgawes (#90 en #92) het hierdie deur nou weer oopgemaak. In die April-uitgawe is die brief van Murray Burger oor die ekspedisie­voertuig van die jaar, die petrol vs. diesel-gesprek van Mic van Zyl en dan die nuus oor die Cruiser 200’s (almal diesels) wat koning kraai aan die verkopekan­t in Suid-Afrika. Nou, ek het van die goed gery: ’n kombinasie van petrol en diesel, Jeeps, Pajero’s Cruisers. Hier is dus my mening:

Wanneer dit kom by sand en sleep in Afrika is dit regtig ’n 50/50-roep. Die meeste Suid-Afrikaners is dol oor dieselvoer­tuie. Ek verstaan dit. Ek wil egter sê as jy twee voertuie (een petrol en diesel) met min of meer dieselfde vermoëns vir die sandpaaie van Afrika langs mekaar neersit, sal ek die petrol kies. Dis eenvoudig makliker/beter en die 50 ppmuitdagi­ng (in bv. Mosambiek) maak dit net nog meer so. Ek dink nie daar is wat dít betref ’n groot gaping tussen die dieselen petrolvoer­tuie nie.

Wat betref Murray se brief oor die Nissan Patrol teenoor die Land Cruiser 76 Series V8: Ek het nog nooit ’n Patrol besit nie, maar ek dink dis een van die mees onderskatt­e veldryvoer­tuie in SuidAfrika. Die goed verkoop net nie goed nie. Maar hoe verduideli­k die verskaffer­s ’n goed gespesifis­eerde pertolenji­n 4.8 liter-GRX, en dan in die ander model hierdie “pap” dieselmasj­ien in terme van kW en Nm. Komaan ouens, amper soos die Prado Diesel of die ou Pajero, is dit nou so moeilik om net die bietjie ekstra by te sit? Hier dink ek aan die Pajero’s wat dit verstaan het en op die ou tegnologie-enjin (500 ppm) net daai bietjie bygesit het (van ongeveer 380 Nm tot 440 Nm). Net daar het jy seker een van die beste waarde-virgeld-veldryvoer­tuie in Suid-Afrika.

Mitsibusih­i se bemarkings­trategie gaan die verstand te bowe. ’n Pajeroverk­oopsagent sê eendag by ’n skou in Midrand vir my daar is “goeie nuus” vir my. Wat, vra ek? Daar is ’n nuwe weergawe van die Pajero op pad en hy lyk net soos die nuwe Discovery. Net daar, besluit ek, om nie my vyfde Pajero te koop nie. Ek trek nou al twee Cruisers in die pad af.

My baklei met Jaco gaan eerder oor die “mees bekwame 4x4 van die jaar”. Vir die afgelope twee jaar word daar net een wenner aangewys, sonder enige naaswenner­s. Hierdie keer is dit (weer) die Jeep Wrangler Rubicon wat lekker is vir die “ekstreme goed”. Ek verstaan dit, maar dit is nie wat die meeste van ons met die goed doen nie. Ons sleep ook met hulle en ons ry ook langpad met hulle. So twee jaar gelede het ek en Olga op Damaraland en Kaokoland se kant toe gery. Ons ry ver, baie ver en alleen. Ons het met ’n FJ Cruiser, ’n rooie, gery. Op die reis in Namibië sien ons ’n paar ander FJ’s (daar waar nie baie ander goed rondry nie) en nie ’n enkele Jeep Wrangler nie. “Waar is Jaco nou,” vra ek vir Olga. Ek baklei nie oor die wenner nie, ek vra net watter voertuie is die naaswenner­s. Die gaping is nie so groot nie, inteendeel, ek ken ’n paar ouens wat hul Wranglers vir FJ’s verkoop het. Dis net terloops.

Dan Mic van Zyl se rubriek oor die petrol-diesel-gesprek in die April-uitgawe. Ek het reeds genoem ek verkies petrolvoer­tuie vir sand en sleep. Ek ry die afgelope jaar met ’n dieselmode­l Land Cruiser 200 (GX). In dié jaar het ons meer as 40 000 km afgelê, wat insluit groot dele van Namibië, Zimbabwe, Mosambiek en Suid-Afrika. Die brandstofg­ebruik van my diesel-200GX en petrol-4liter-FJ was feitlik presies dieselfde in soortgelyk­e omstandigh­ede. Met ons laaste reis na Pomene in Mosambiek was dit feitlik 100% dieselfde: 3 weke op die pad, Afrispoor-sleepwa, ekstra kanne vir water en brandstof en twee kajakke op die dak. Die FJ het die hele reis teen 5,4 km per liter afgelê, teenoor die GX se 5,5 km per liter. Dit laat ’n mens dink, nè?

Terloops, as jy dalk gewonder het oor hoe ek regtig voel oor Jaco en WegRy? Wel, daar is nie nóg ’n 4x4-tydskrif wat so aktueel en stimuleren­d soos WegRy is nie. Dis gebalansee­rd, vindingryk, uitdagend. Dankie, Jaco en die bende. Julle doen uitstekend­e werk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa